Tuis. 09

(Tuis.) #1
Soek jy na ’n geskenk vir die
dekorliefhebber in jou lewe? Probeer
Loveables ’n geskenkwinkel van die
interieurontwerper Sue Lederle en haar
span met pragtige plaaslike dekor en
huisware. Besoek die toonlokaal by
Brickfieldweg 13 Soutrivier in
Kaapstad of kyk by loveables.co.za.

Warm kopies


Die eerste versameling van
HOME by Olga-Maré heet
Florish en dit bestaan uit
kussingoortreksels
vadoeke servette en
pasgemaakte tafeldoeke
van 100% katoen. Dié
Nembali-tafeldoek (vanaf
R2 200; 22 x 12 m) is
een van talle pragtige
natuurmotiewe in die
reeks. Sien meer by
olgamare.co.za.

KOM KYK!

As jou tuin nog nie blom nie bring solank blomme in jou huis
met Harlequin se Lisanne-gordynmateriaal van Black Fabrics.
Kyk by blackfabrics.co.za; hulle het ook toonlokale in die
meeste groot stede in Suid-Afrika.

HOU DOP!
BESIGHEID Reclaim Design
WIE Michael Martin en Nikki Rixon
WAAR Constantia Kaapstad

HUL WERK Dié paartjie is passievol oor hergebruik herwin en
upcycle – g’n wonder elke dekoritem wat hulle vervaardig is eko-
vriendelik nie! Hul pragtige produkreeks van kombuisware lug- en
vetplanthouers vase en vertikale tuine word gereeld bygewerk. Maak
kontak by facebook.com/reclaimdesignza of koop aanlyn by
reclaimdesign.weebly.com.


UIT LAPLAND

September 2017 tuis 11

Free download pdf