Tuis. 09

(Tuis.) #1
DeurJohané Neilson
Foto’sFrancois Oberholster

Brandewyn-en-
Coke-poeding

Genoeg vir sowat 6 porsies
Bereidingstyd: 25 minute
Baktyd: 30–35 minute
Oondtemperatuur: 180 ºC


  • 180 g dadels fyngesnipper

  • 5 ml koeksoda

  • 250 ml kookwater

  • 30 ml kola-konsentraat

  • 100 g sagte botter

  • 100 g (125 ml) suiker

  • 3 ekstragroot eiers

  • 210 g (430 ml) bruismeel gesif

  • 30 ml kakao

  • knippie sout
    BRANDEWYNVLA

  • 100 g (125 ml) bruinsuiker

  • 250 ml melk

  • 2 kaneelstokkies

  • 100 g botter

  • 2 eiers

  • 50 ml brandewyn


1 Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 22 cm-ringkoekpan of ’n mediumgroot vuurvaste
oondbak (ons het sommer ’n emaljekastrolletjie gebruik) met botter. Sit die gesnipperde
dadels in ’n bak strooi die koeksoda oor en giet die kookwater by. Roer liggies en laat staan
eenkant. Sodra dit bruis gooi die kola-konsentraat by en laat effens afkoel.
2 Klits intussen die botter en suiker saam tot romerig en voeg die eiers een-een by. Klits goed
ná elke byvoeging. Sif die meel kakao en sout saam. 3 Voeg die meel- en die dadelmengsel
by die romerige bottermengsel en meng tot ’n gladde beslag. Skep in die voorbereide pan en
bak in ’n voorverhitte oond vir sowat 30–35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

4 Maak die vla Verhit die suiker melk en kaneel saam en roer
tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt verwyder van die
hitte en smelt nou die botter in die melkmengsel.
5 Klits die eiers en brandewyn saam en klits dan die warm
melkmengsel geleidelik by die eiers. Skep terug in die kastrol
en roer oor lae hitte tot verdik.
6 Sit die potjie in ’n ysbak en roer tot die vla afgekoel is anders
kan dit skif. Toets deur ’n lepel daarin te doop – sodra jy ’n lyn
deur die vla kan trek is dit reg.

Sit die poeding


voor met die vla


en roomys.


13


6


2


4 5


kos stap vir stap


Maak dié smullekker poeding op


Braaidag as ’n ode aan die drankie wat


so te sê tradisie is.


poeding


BRANDEWYN-EN-COKE-

Free download pdf