Tuis. 09

(Tuis.) #1

2


1 ’n Kunswerk
Die mooi mosaïek-voël wat Magdel van
der Walt van Kaapstad jare gelede in ’n
kunsklas gemaak het het nou ’n
permanente tuiste in haar dogter Janneke
(nou 12) se kamer met sy voël-tema.
Magdel mede-eienaar van die
dekorvervaardiger TinTown het die
voëltjie uit spaanderbord gesny en toe
met stukkies spieël en gekleurde glas
versier. Dit pas mooi in die ronde venster
en komplementeer die res van die huis se
dekor wat spog met uile takbokkies en
hasies op die mure in hoekies op lap en
keramiekware.

2 ’n Ander dimensie
In haar wit ruimte wou Marcelle Crowther
van Hocus Interior Design Studio die strak
lyn van die trap in die ingangsportaal
versag. “Kunswerke met vierkantige of
reghoekige rame sou ongebalanseerd
teen dié muur lyk maar hierdie
driedimensionele swerm keramiek-
voëls in ’n lukrake patroon lei die oog
boontoe langs die trap op” verduidelik
sy. Marcelle het eenvoudig ’n gietvorm by
’n kunstenaar laat maak en toe die 200
voëls laat giet. Jy sal soortgelyke voëls
aanlyn kry by paperrepublic.co.za gevou
van papier. >>

vars idees


September 2017 tuis 13

Free download pdf