Tuis. 09

(Tuis.) #1
Netjies
in ’n ry
Thea-Rita en Werner Kluyts van
Bellville het besluit op ’n swart-en-
wit tema vir hul dogter Bea (17) se
badkamer. Die groot spieël is van
die ashoop gered en met swart
emaljeverf afgerond. Die kleiner
plastiekrame is van Pep. In kontras
met die Victoriaanse styl staan
eendjies in ’n ry op ’n rak wat
Werner van ou vloerlyste gemaak
het. Hulle het die eendjies by The
Crazy Store gekoop en wit geverf vir
’n porselein-voorkoms. Die tema
word versterk met hasie-viniel-
plakkers bo die wasbak en ’n groot
rubbereend wat ’n vriend by die
Milnerton-mark gekoop het. Oulik!

3


4


VERSKAFFERS
Art-2-Wall 084 866 5481
The Crazy Store 021 505 5500
crazystore.co.za
Hocus Interior Design Studio
021 425 1317 hocus.co.za
Pep 0860 737 000
pepstores.com
Quirky.Me 071 285 4875
quirkyme.com
TinTown 021 426 2226
tintown.co.za

Woorde
met vlerke
Margeaux Heydenrych van
Art-2-Wall is die baasbrein agter
dié oulike buitelug-swartbord by
die Gous-gesin se huis in
Boston Kaapstad. Sy wou die
onooglike vibracrete-muur
omskep in iets wat die kinders
Phillip (8) Talitha (6) en Daniel
(4) sou waardeer: Sy het ’n
onderlaag aangewend gevolg
deur twee lae swartbordverf. Die
ontwerp sluit aan by die boom
regs en skep ’n organiese
voorkoms en gevoel waaroor die
kinders dol is!

Twiet-twiet


Ingrid Corbett van Quirky.Me en Esther Schumacher van mywalltattoos.com het dié mat
vinielplakkers geskep wat perfek is vir glasdeure skuifdeure en vensters om ongelukke te voorkom.
Dis prakties en mooi en ons is dol oor hoe die voëls binne- en buiteruimtes met mekaar verbind!


5

Free download pdf