Tuis. 09

(Tuis.) #1

Dit was nog altyd op hul


emmerskop-lysie om self ’n


huis op ’n groot erf te bou


waar hulle een met die


natuur kan voel ...
Daarom toe Sue en Bruce Macdonald in 2014 hoor daar
is ’n hoewe van 16 hektaar in Noordhoek te koop het
hulle hul huis in Vishoek verkoop die hoewe gekoop en
in ’n piepklein woonstel daar naby ingetrek.
Nou moes hulle net ’n huis daar staanmaak ...
Soos die toeval dit wou hê het hulle gehoor van ’n huis
wat in die omgewing gesloop word. Sue en Bruce is albei
ekobewus en werk slim met hul geld daarom het hulle
besluit om die materiaal wat ná die slopery beskikbaar
was te koop en hul huis daarmee te bou. Sue het reeds
min of meer geweet hoe die huis moet lyk en het
Sue Crowsen van Crowsen Creations gevra om
professionele planne op te trek.
In 2015 het die bouery begin; eerste op die lys was ’n
steil inrit sodat die boumateriaal afgelewer kon word. Dit
het vier dae geneem om al die materiaal – insluitend
bloekompale houtplanke en vensterrame – na die nuwe
perseel aan te ry.
“Daar was sulke hoë stapels halfgeverfde planke vol
kapmerke!” sê Sue en lag. “Ek onthou hoe ek gewonder
het hoe ons ooit ’n huis hiermee gaan bou.”
Maar net meer as ses maande later kon die
Macdonalds by hul lieflike huis intrek. >>

Sue het grys en pienk
twee van haar gunsteling-
kleure gebruik vir kleur in die
oorwegend wit kombuis. Die
eiland sou ’n marmerblad kry
maar met die indraslag het dit
gebreek; dis vervang met dié
rustieke houtblad.
Blindings se lap van Biggie Best;
marmerblaaie en vloerteëls van
Kales Marble; teëls teen
spatpaneel van CTM

eko-huis


[KOMBUIS]


Ons is dol oor
die eenvoudige patroon
op die trap; Sue het dit
geverf met Plascon se
Rhine Castle.
Free download pdf