Tuis. 09

(Tuis.) #1

6 tuis September 2017


MyvriendinEstéhet’nfoto-


agentskap.Onlangssoekekfoto’s


vir’nstorieoordiemoetsenmoenies


vanstrooikussingsenstuurvirhaar


’ne-pos.
Sy het ’n mopshond met die naam Vincent.
Die eerste foto wat ek kry is die een links
et die onderwerpreël: “’n Goeie voorbeeld
van die moenies”.
Vincent is ’n liewe dier maar ek moet
vir Esté gelyk gee: So wydsbeen oor ’n
strooikussing is darem nie ideaal nie. Marian
ons kreatiewe redakteur gee wel goeie raad
oor die hoe en wat van strooikussings op
bl. 66; as n mens dit reg gebruik gee dit behoorlik lewe aan ’n vaal
vertrek. Doen jy dit verkeerd wel beland dit op die vloer en word dit
dalkies lêplek vir die hond...
So tussendeur die aanmekaarsit van dié uitgawe was ons ook druk
besig met die beoordeling van vanjaar seRegruk met Flair-inskrywings.
Dit was ’n rekord-jaar met uiteenlopende inskrywings.
Wat my opval van elke inskrywing is die stories wat daarmee
saamgaan. Een leser vertel sy is afgelê by haar werk en het uit woede ’n
hamer gevat en haar ou kombuis begin afbreek – pure frustrasie met ’n
mooi einde. ’n Ander een vertel hoe sy verlief geraak het op haar amper
eeu oue huis asof dit ’n aantreklike man op ’n afspraak-webtuiste was.
“Love at first sight” beskryf sy dit... Dan is daar ook ’n leser wat ’n vinger
verloor het ander wat geskok het minstens twee wat byna in die skeihof
gaan draai het (ek reken daar is baie meer as twee maar nie almal praat
uit die huis uit nie) en les bes: 3 busse 2 woonwaens – en ’n swembad
wat nou ’n wynkelder is. Sowaar.
Ek het ure gelees en met aandag gekyk na elke foto die laaste klomp
inskrywings oor die naweek voor die kaggel met springmielies langs my.
Dit was soos fliek net beter. Die top-10 is op bl. 60 en die ander
inskrywings wys ons later vir julle hetsy inTuisofTuis Opknapwat in
November op straat is.
So gepraat van swembaddens: Kyk net die gedaantewisseling van die
ou onbenutte swembad op bl. 54 – wat voorheen ’n moeras was is nou
die mees romantiese ateljee slim beplan en gebou met Moeder Natuur
voorop gestel. Ek reken dié projek is “upcycle” in snelrat.
In lyn met ons eko-tema wys ons ook twee huise wat van vraghouers
gebou is ’n houthuis en selfs ’n woonstel van yskaspanele. Ek dink die
eienaar van die vraghouerhuis op Botrivier – ’n minimalisties versierde
eko-huis met onbelemmerde uitsigte op die vallei en berg daaragter –
beskryf dit die beste: Hy noem dit “Copia” Latyns vir oorvloed. En is hy
nie reg nie? ’n Aardbol wat floreer is mos “oorvloed” en ons moet help
waar ons kan.
Ek hoop dié uitgawe inspireer jou!

Ons is oudergewoonte vanjaar terug by die CapeHOMEMAKERSExpo in
die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum. Kom kuier vir ons
tussen 31 Augustus en 3 September – meer besonderhede op bl. 63.

[email protected]

Hallo


REDAKTEUR
Kaapstad-kantoor
Kaapstad-posadres
Kantoorbestuurder
Johannesburg-kantoor

REDAKSIE
Ontwerpredakteur
Senior ontwerper
Vryskut-ontwerper
Kreatiewe redakteur
Teksredakteurs
Artikelredakteur
Kosredakteur
Digitale redakteur
Fotograaf
Foto-opknapper

MEDEWERKERS

Produksiebestuurder
Sindikasiebestuurder

DRUK- EN DIGITALE VERKOPE
Hoof: Advertensieverkope
(Kaapstad en KZN)
Sleutelklantbestuurder (Kaapstad)
Verkoopbestuurder (Johannesburg)
Toonvenster-advertensies

SIRKULASIE
Sirkulasiebestuurder
Produkbestuurder

Kopiereg Media24. All regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie tydskrif mag sonder die geskrewe
toestemming van die redakteur gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese
middel weergegee word nie hetsy deur fotokopiëring skryf- of bandopname of deur enige ander stelsel
vir inligtingsbewaring of -ontsluiting. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die standpunte gehuldig in
artikels rubrieke en advertensies nie. Hoewel alle redelike voorsorg getref is om te verseker dat die advies
wat in die tydskrif gepubliseer word akkuraat is kan die redakteur en die uitgewer geen verantwoordelikheid
aanvaar vir enige verlies skade of ongerief wat daaruit mag voortspruit nie. Die redaksie behou die reg om
veranderinge te maak aan enige materiaal wat aan die tydskrif gestuur word en kan nie aanspreeklik gehou
word vir enige skade aan of verlies van die materiaal nie. Alle pryse is onderworpe aan verandering en kan
verskil van winkel tot winkel; die prys in die winkel moet as die finale bevestigde bedrag beskou word.

Tuis word uitgegee deur Media24 Heerengracht 40 Kaapstad 8001. Tel. 021 406 2121
Uitvoerende hoof: Media24 Esmaré Weideman
Hoof: Media24 Drukmedia Ishmet Davidson
Hoofbestuurder: Media24 Leefstyl Raj Lalbahadur
Hoof van finansies: Media24 Leefstyl Jameelah Conway
Uitgewer Marianne Erasmus

Intekeninge hernuwings
en navrae
BEL 087 740 1023 • FAKS 086 457 5922
E-POS [email protected]
SMS “tuis” na 32361 (R1 per SMS)
WEB http://www.my-mags.com

Wicus Pretorius ([email protected])
19de Vloer Absa-gebou Adderleystraat 4 Kaapstad
Posbus 1802 Kaapstad 8000
Natalie Herman 021 408 3041
Media Park-gebou Kingswayweg 69 Auckland Park

Andrew Maritz
Joanne Uytenbogaardt
Enid de Beer
Marian van Wyk
Desiree Hartney en Johletta Brits
Kim Arendse ([email protected])
Johané Neilson ([email protected])
Shané Barnard
Francois Oberholster
René Nortjé

Shelly Bergh Sally Chance Elza Cooper Deon de
Goede Gerda Engel brecht Marié Esterhuyse Gillian
Eva Frieda le Roux ER Lombard Renate Lüdick
Kay Montgomery Beatrice Moore-Nöthnagel Justin
Patrick Inge Prins Melissa Rautenbach Craig
Scarpa Riana Scheepers Ludwig Taschner JJ van
Rensburg Amanda van Wyngaardt Henrique Wilding

Kim Petersen
Lucille van der Berg
021 408 3038 [email protected]
(Fotostate fakse en die pos van inligting kos R25)

Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396

Charlene Meyer 082 928 5970
Susan Pienaar 083 281 7300
Evonne Mehl 021 461 2396

Adele Minnaar 011 713 9440
Janine Snyman 011 713 9918

S
D

v

bl 66 ;as’nmensditregg
Free download pdf