Tuis. 09

(Tuis.) #1
4 Draai weer die basis om en skroef ’n rolwiel op elke hoek vas
asook een in die middel van die bed vir ekstra ondersteuning.

Projeknotas


  • Laat saag al die hout
    pasklaar by jou houthandelaar.

  • Skuur jou planke vooraf.

  • Onthou om gidsgaatjies
    te boor.

  • Pas die lengte van
    die dwarsplanke aan vir
    ’n bed van koningin- of
    koninggrootte.

  • Gebruik houtklampe as
    jy ’n groentjie is of alleen
    moet werk.


KONTAK EN VERSKAFFERS Buco 011 847 7300 buco.co.za Deon de Goede 084 589 5026 [email protected]
Minima 021 788 2515 minima.co.za MRP Home 0800 212 535 mrphome.com Woolworths 0860 022 002 woolworths.co.za

Wenk
Gebruik die rolwiele
met remme aan die
voetenent van die bed
dan is dit makliker
bereikbaar wanneer jy
die bed wil skuif. Verf
of vernis die hout in die
kleur van jou keuse; ons
het besluit om die bed
natuurlik te hou.

WenkGebruik ’n 70 mm-afvalplankie as
spasieerder.

Hout verskaf
deur Buco

September 2017 tuis 75


doen dit self


Wat jy nodig het


INKOPIELYS


  • een 1 800 mm-lengte geskaafde dennehout (69 x 94 mm)
    gesaag in nege blokke van 150 mm (stutte)

  • ses 2 400 mm-lengtes geskaafde dennehout (22 x 94 mm)
    elkeen korter gesaag tot 1 870 mm (lang basisplanke)

  • vyftien 1 800 mm-lengtes geskaafde dennehout (22 x 94 mm)
    elkeen korter gesaag tot 1 370 mm (dwarsplanke)

  • twee pakkies 8 mm x 40 mm-spaanderbordskroewe

  • vyf rolwiele met hegplaat (kies twee wiele met remme)

  • 120-grint-skuurpapier


PROJEKGIDS
Harde werk 4/10
Vaardigheidsvlak 4/10
Tyd nodig ± 2 uur
Maak dit self vir
± R1 800:
hout R1 500 skroewe
R75 rolwiele R230

GEREEDSKAP


  • koordlose boor en
    3 mm-boorpunt

  • potlood

  • maatband

  • winkelhaak

  • houtklampe


12


1 Skroef drie van die 69 x 94 x 150 mm-stutte tussen twee van die
22 x 94 x 1 870 mm-basisplanke vas – een stut op elke punt en een
in die middel. Maak nog twee van dié basisstrukture deur die proses
te herhaal. 2 Skroef drie van die 22 x 94 x 1 370 mm-dwarsplanke
haaks oor die drie basisstrukture vas (by elk van die blok-stutte) om
die onderkant van die bedbasis te vorm.

4


3


3 Draai die bedbasis om en spasieer die oorblywende twaalf
22 x 94 x 1370 mm-dwarsplanke haaks oor die bokant van
die bedbasis.

SO MAAK JY...
Free download pdf