Tuis. 10

(Tuis.) #1
HAAR WERKOns is dol
oor Molo Mimi se jongste
aanbod. Dit heet Fabric
Fusion en die ontwerper
Lisa Nettelton sê die
gestikte aanhalings op
haar muurbehangsels
moet prikkelend wees –

Rialheim se jongste reeks keramiekprodukte bestaan uit drie
versamelings:Farm Life My Africa en Cape Agulhas. Dié 35 cm
hoë terracotta-bekers met ’n kleurblok-effek is uit die My
Africa-versameling; dit kos R599 elk en is te koop by hul
winkels in Johannesburg en Kaapstad direk by die ateljee op
Robertson asook aanlyn byrialheim.co.za.

UIT LAPLAND Ons is dol oor die helder kleure in Carole Nevin

Designs se Japanese Stencil Print-lap. Teen R465/m (143 cm
breed) is dit bekostigbaar veral as jy in ag neem dié gordyn- en
stoffeer lap word met die hand geskermdruk met ekovriendelike
pigmente by hul fabriek in Muizenberg. Besoekcarolenevin.com.


Hou ’n oog oop vir
@home se stylvolle
somerreeks! Met alles
van breekgoed
meubels beddegoed en
strooikussings in
skakerings van
blospienk en blou-
groen kan jy jou
ruimte regruk vir die
nuwe seisoen. Besoek
home.co.za.

HOU DOP!

BESIGHEID Molo Mimi
WIE Lisa Nettelton
WAAR Port Alfred

Foto

Claire McNulty

maar ook ’n glimlag ontlok. “Ek put inspirasie uit Japannese
Kanji-letters en Shodo-skryfwerk en gebruik my eie spesifieke
letterstyl aanhalings en lap om kontras te skep met die hoogs
formele kalligrafie-muurversierings van die Japanners” sê Lisa.
Die behangsels (120 x 40 cm) kos R600 en is beskikbaar by
The Watershed by die V&A Waterfront of jy kan Lisa direk e-pos vir
bestellings by [email protected]. Besoek molomimi.com.

Biedjy ’n middagtee aan?
By My Vintage Tea Table in
Kaapstad kan jy die mooiste
breekgoed huur – alles van
teestelle silwer- en kristal-
ware tot messegoed. Die
winkel word bedryf deur
Wendy Hauptfleisch wat ’n
jare lange liefde vir porselein
het en haar ware van oor die
hele wêreld invoer. Sien
myvintageteatable.co.za.

LOCAL IS LEKKER
Winkels toe!

Oktober 2017 tuis 11

Free download pdf