Tuis. 10

(Tuis.) #1
1 Meng die botter en stroop in ’n klein kastrol
en bring tot kookpunt. Verwyder van die hitte
en laat vir 10 minute afkoel. Dit is baie
belangrik om nie die vuurwarm stroop dadelik
by die meel te roer nie want dit sal die meel
“kook” en die tekstuur van die deeg bederf.
2 Sif die droë bestanddele saam en roer die
stroopmengsel melk en sitrusskil daarby met ’n
houtlepel tot glad. Knie die sagte deeg effens
op ’n meelbestrooide oppervlak tot ’n sagte
hanteerbare deeg; bedek met kleefplastiek en
laat by kamertemperatuur rus vir sowat 1 uur.
3 Voorverhit die oond. Rol die deeg nou met ’n
bietjie ekstra meel uit tot so 5 mm dik en sny
vormpies uit met ’n koekiedrukker. Pak die
koekies op ’n bakplaat wat met bakpapier
uitgevoer is. Gebruik die punt van ’n houtlepel
se steel en maak ’n holtetjie in die middel van
elke koekie sonder om heeltemal deur die deeg
te druk; vul met konfyt. Bak vir sowat
10 minute of tot goudbruin en bros.
Laat heeltemal afkoel en doop hier
en daar in sjokolade vir ’n stout
ekstra. Laat die koekies in die
yskas hard word en bêre in ’n
lugdigte houer. >>

Gemmerkoekies
met suurlemoenskil

Jy kan my in ’n wip vang met ’n lekker
koekie saam met my koffie. Dié outjies is
onbeskaamd dekadent.

Maak sowat 12 groot blomvorms
Bereidingstyd: 25 minute plus
1 uur rustyd
Baktyd: sowat 10 minute
Oondtemperatuur: 180 °C


  • 60 g botter gesmelt

  • 180 ml gouestroop

  • 200 g (360 ml) meel gesif
    (plus ’n bietjie ekstra)

  • 5 ml koeksoda

  • 5 ml fyn gemmer

  • 5 ml gemengde speserye

  • 15 ml melk

  • 45 ml verglansde sitrusskil baie
    fyn gekap

  • 15 ml appelkooskonfyt

  • sowat 100 g witsjokolade
    gesmelt


110 tuis Okober 2017 Bykomstighede van Nerf-Af Waterbankie (084 946 6326)

Free download pdf