Tuis. 10

(Tuis.) #1

  • 200 g dik repe gerookte spek in
    blokkies gesny

  • 2 heel knoffelhuisies gekneus

  • 15 ml elk olyfolie en botter

  • 1 kleinerige ciabatta-brood
    (sowat 350 g) in blokkies gesny

  • 3 takkies vars origanum

  • 4 klein koppe cos-slaaiblare

  • 200 g dun aspersies geblansjeer

  • ’n blok parmesaankaas (of pecorino)


KLASSIEKE CAESARSLAAISOUS



  • 2 eiers

  • 40 ml vars suurlemoensap en
    gerasperde skil van 1 suurlemoen

  • 6 vet ansjovisfilette fyngekap

  • 15 ml korrelmosterd

  • 5–10 ml klein kappertjiesade

  • sowat 125 ml kanola-olie

  • 125 ml ongegeurde jogurt (opsioneel)


1 Braai die blokkies spekvleis en die knoffel
in die botter en olie in ’n groot pan tot bros.
Voeg die broodblokkies en kruie by en braai
vir nog ’n paar minute. Skep alles op ’n
bakplaat en droog dit vir 15–20 minute uit
in ’n voorverhitte oond teen 160 °C tot bros
en goudbruin. Laat afkoel en gooi die
knoffel weg.
2 Sit die eiers vir die slaaisous in ’n klein
kastrol met water op die stoof en bring tot
kookpunt; verwyder van die hitte en laat
staan vir 3 minute. Dompel die eiers dan
dadelik in koue water tot hanteerbaar en
dop hulle af oor ’n klein bakkie. Die eiers
behoort baie sag te wees – die tegniek word
“wel” genoem (“coddling” in Engels). Klits
nou die eiers suurlemoensap en -skil
ansjovis mosterd en kappertjiesaad saam
tot dik. Voeg die olie geleidelik by tot effens
verdik en ’n ryk romerige sous vorm. Roer

die jogurt by en geur na smaak met sout
en peper.
3 Stel die slaai saam Sny die cos-koppe se
blare los was in soutwater en maak goed
droog. Meng die geurige croutons deur die
blare en verdeel dit tussen vier borde. Verdeel
die aspersies tussen die borde drup ruim
skeppies sous oor en rond mildelik af met
parmesaanskaafsels. Sit die ekstra sous apart
voor vir dié wat hul slaai ekstra wil dokter en lê
dadelik weg.

Gestopte
hoenderborsies
Die vulsel is ook ’n heerlike bygereg saam met
geroosterde hoender of ’n suurlemoen-en-
koljandergegeurde lamstjoppie by ’n braai –
meng eenvoudig twee groot hande vol
babaspinasie of roket by.

Genoeg vir 6 ruim porsies
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180 °C


  • 6 groot hoenderborsfilette met die vel

  • ekstra suurlemoenwiggies


VULSEL


  • 125 ml goeie olyfolie

  • 1 klein rooi ui baie fyn gekap

  • 1 klein knoffelhuisie fyngekap

  • 1 klein rooi brandrissie fyngekap

  • 1 blik (410 g) kekerertjies gedreineer
    en gespoel

  • 200 g fetakaas gekrummel

  • 100 g ontpitte groen olywe gekap

  • 30 ml gekapte vars koljander

  • ’n hand vol platblaarpietersielie fyngekap

  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen


1 Verhit die helfte van die olie en braai
die ui knoffel en rissie tot sag en effens
gekaramelliseer. Roer die res van die
vulselbestanddele by en geur na smaak
met sout en peper.
2 Voorverhit die oond. Sny ’n gleufie in elke
hoenderborsie en stamp effens platter (met
die velkant buite) om die vleis dunner te maak.
Vul met die kekerertjievulsel en steek toe met
tandestokkies of bind toe met kombuistou.
Panbraai die hoender velkant eerste in die
orige olyfolie tot goudbruin oraloor. Sit in ’n
oondroosterpan met ekstra suurlemoenwiggies
en geur mildelik met sout en peper. Bak vir
sowat 35 minute ar. Sit voor met ’n groot
slaai en koeskoe

Pst!
Rooster die
suurlemoene met ’n
blaasvlam (of in die
pan) dan druk die
sap makliker uit.

Gestopte
hoenderborsies

Caesarslaai met spek


Die skerp suurlemoensmaak in dié romerige slaaisous is altyd ’n wenner.


Genoeg vir 4 porsies • Bereidingstyd: 30 minute • Gaarmaaktyd: 25 minute


116 tuis Okober 2017

Free download pdf