Tuis. 10

(Tuis.) #1

vars idees


Al boontoe


Kyk net dié oulike en maklike plan om jou
kind se groei aan te dui (oorkant). Annie
Sloan-verf in die kleur Graphite is met ’n
inkroller op die kleinding se skoensole
aangewend (oorskiet-akriel-PVA en ’n klein
sponsroller sal ook werk). Merk die gewenste
plek vir die spore teen die muur met ’n
potlood en druk dan die skoene teen die
muur. Herhaal met elke groter skoennommer.


Hasie-afdruk van MRP Home; stoel van
Chair Crazy; mat pantoffels en bêrebokse
van H&M Home


Wroem-wroem!


Dié fokuspunt is ’n skepping van Germarie
Bruwer van die dekor-en-ontwerp-blog
homeology.co.za; sy het ’n versameling
speelgoedkarretjies bo haar werkspasie
gerangskik om haar aan haar drie seuns van
onderskeidelik sewe vyf en een te herinner.
“Ek het die karretjies spesiaal vir dié projek
gekoop maar dis ook ’n slim manier om die
speelgoed te gebruik wat mense so graag vir
seuntjies gee” sê sy. Doen dit só: Baken ’n
ruimte af en teken ’n ontwerp met ’n potlood
teen ’n muur. Gebruik dan Prestik of ’n
gompistool om die karretjies vas te plak. >>

Free download pdf