Tuis. 10

(Tuis.) #1

130 tuis Oktober 2017


agterblad


Riana Scheepers onthou dié maand hoe opmerklik die


vreugde van oorwinning kan wees.


Riana [email protected]


Illustrasies

Paula Dubois

Dit is Oktobermaand en koud die Europese winter het vroeg
gekom. My man moet vir ’n sakebesoek Switserland toe gaan
en ek kry die geleentheid om saam met hom te reis.
Switserland is onwerklik mooi. Berge mere bome die eerste
sneeu op die hoogste bergpieke. Terwyl my man werk geniet ek
met oorgawe alles wat ek beleef.
Op die vooraand van ons terugkeer bly ons oor in ’n klein
hotelletjie in ’n weggesteekte dorp tussen die berge. Ons kamer
kyk uit op ’n glinsterende meer. Ek is saam met die mens by wie
ek die graagste wil wees in ’n pragtige omgewing. Ek besef hoe
bevoorreg hoe gelukkig ek is.
Daar’s min gaste in die hotel. Die somerbesoekers is reeds
lankal weg en daar is nog nie genoeg sneeu wat die ski-
entoesiaste na die berge toe lok nie. Tydens aandete is dit net
ek en my man by ’n klein tafel en ’n groep van ongeveer twintig
vroue aan ’n lang tafel.
Ons drink wyn ons eet die heerlikste geregte. Wortelsop met
’n sweempie gemmer kalfsvleis ’n verruklike verskeidenheid
kaas en o ... appeltert met baie appels en bros krummels
soutkaramel en dik dik room. In dié koue het ’n mens dit nodig
dink ek my skuldige gewete dood.
Terwyl ons eet begin die groep vroue aan die lang tafel
my al hoe meer interesseer. Dis mooi vroue die jonges met
appelwange én die wat heelwat ouer is. Hulle is vrolik en geniet
mekaar se geselskap sonder om luidrugtig te wees. Dit is
duidelik dat hulle ’n gemeenskaplike belang het maar wat?
Kennelik is dit nie vriendinne op ’n henneparty nie. Te oordeel
aan hul kleredrag en juwele is hulle ook nie almal in dieselfde
ekonomiese of sosiale klas nie. Maar hoe sal ek ook kan
oordeel want só goed ken ek nie die Switserse samelewing nie.
Die voor die hand liggende rede vir die vroue se
teenwoordigheid is sekerlik dat hulle ’n konferensie of
werksessie bywoon. Maar wat sal hul beroep wees?
Eiendomsagente? Regsgeleerdes? Maar dan sal daar mos
mans ook teenwoordig wees. Skoonheidsdeskundiges dalk?
Verpleegsters? Watter beroep word deesdae uitsluitlik deur
vroue beoefen?
Op die ou einde kan ek en my man glad nie dink wat dié
groepie oulike vroue se beroep of die rede vir hul besoek is nie.
Die enigste gemeenskaplike eienskap wat hulle wel deel is dat
hulle gelukkig is. En dié is baie duidelik want hulle lag en
gesels vrolik hulle klink hul wynglase hoog gelig hulle eet met
smaak vertel grappies en staaltjies – in ’n taal waarvan ek nie

een woord verstaan nie. Hoe meer ek hulle dophou hoe meer
geniet ek wat ek sien: ’n tafel vol gelukkige vroue.
“Sien jy” sê ek vir my man “sien jy nou mooi duidelik wat die
verskil is tussen mans en vroue?”
“Is daar ’n verskil?” terg hy my.
“As dit ’n groep mans was sou dit heeltemal anders gewees het.
Hulle sou te veel gedrink het geraas het hulle sou die ander
mense in die eetsaal gepla het!”
“En jy maak jou nooit skuldig aan stereotipes nie nè?” lag hy.
Toe ons opstaan om te loop kuier die vroue nog een stryk deur.
Ek glimlag vir hulle toe ons verby hul tafel stap. Op die ingewing
van die oomblik gaan staan ek agter een van die vroue sit my
hande op haar skouers.
“Ek kan sien dat julle gelukkig is” sê ek in Engels “en julle
vrolikheid vanaand het mý ook gelukkig gemaak!” En toe loop ek.
Die volgende oggend eet ons haastig ontbyt ons moet vertrek.
Toe ons by die eetkamer uitstap kom iemand na my toe. Dit is een
van die vroue van die vorige aand ’n vrou in haar vroeë dertigs
sien ek. Sy wil nie pla nie sê sy vir my maar sy wil net dankie sê.
Sy vat my hand.
“Waarom?” vra ek verbaas.
“Omdat jy raakgesien het dat ons gelukkig is” sê sy. “Ons
het almal borskanker gehad maar ons het dit oorwin. Ons is
dankbaar.”
Sprakeloos bly ek staan. Die vrou het reeds weggedraai terug
na haar ontbyt.
Ons is daar weg. En gelukkig is my liefdevolle man by my teen
wie se skouer ek my hart kan uithuil.

’n Lang tafel vol


gelukkige vroue

Free download pdf