Tuis. 10

(Tuis.) #1
Klein Picasso
Home se eindredakteur Tessa Jean-Jacques se dogter Zoey (9) was
nog altyd lief vir teken. “Oor die jare het sy wegbeweeg van speelse
helder kleure en begin eksperimenteer met ’n grafiese swart-en-wit styl”
sê Tessa. Om dié ontluikende kunstenaar se werk uit te stal is vyf van
Zoey se tekeninge gebruik vir dié treffende sitkussing. Dis 50 x 50 cm
groot – perfek vir haar kamer of selfs die sitkamer. Die prente is direk op
die lap gedruk (die meeste winkels wat drukwerk doen en foto’s ontwikkel
kan jou help) voor die vierkante aanmekaargestik is. Een kant is oopgelos
sodat dit met skuimballetjies gevul
kon word (dis beskikbaar by
polistireen-verskaffers) en toe
met die hand toegewerk.
Drukwerk op seil deur Orms

14 tuis Oktober 2017

Free download pdf