Tuis. 10

(Tuis.) #1

Lank voor Demyan Rossouw en Heiné de


Waal dié huis op Greyton gekoop het was


dit deel van ’n skoolkoshuis en het die


skoolmatrone hier gewoon.


Oor die jare het dié erfenisgebou wat vermoedlik uit die laat 1800’s dateer drie
verskillende restaurante gehuisves; later het Eugene Buchner ’n keramiek-
restoureerder dit gekoop opgeknap en as selfsorg-akkommodasie verhuur.
In 2016 het Demyan en Heiné die huis gekoop nadat hulle hul hart op sy ryk
geskiedenis verloor het – die eiendom was alles wat hulle wou hê. “Ons droom al
lank van ’n huis op ’n plattelandse dorpie” sê Demyan. “Na genoeg aan die stad
maar sonder die stadsgewoel – of die kleindorpse nuuskierige agies! Greyton het al
die regmerkies gekry.”
Hulle het na sowat 15 huise gekyk voor dié een aan hulle gewys is. “Ons het ’n
paar uur sonder die eiendomsagent in die huis deurgebring. Ons het gehou van
wat ons sien en twee maande later het ons ingetrek.” >>


Die wit dekoratiewe omranding om die
vensters (oorkant) komplementeer die
blougrys mure. Die ou sementvloer is
opgekikker met wit en liggrys kleiteëls.
Standard Stone- en Standard Charcoal-
stoepteëls van Shawtec; buitemure geverf met
Dulux Weatherguard in die kleur Quartz Flint 3
Oktober 2017 tuis 39

leserhuis

Free download pdf