Tuis. 10

(Tuis.) #1

6 tuis Oktober 2017


My nuwe kombuis Elize du Preez van die Paarl
skryf Om in ’n nuwe kombuis te werk voel mos sommer asof ’n mens
in ’n nuwe huis ingetrek het! Alles is vars en skoon. Ek wou graag
iets aan my 18 jaar oue kombuis doen sonder om als uit te gooi en
duisende rande te spandeer. Nadat ek ’n paar inspirerende kombuise
in Tuis gesien het het ek besluit om die kaste te behou en net te laat spuitverf; ek het ook
my boonste kassies met sweefrakke laat vervang en die ou kassies in die spens ingebou.
Die ou besemkas het rakke in gekry en is nou ’n ekstra koskas. Ek is mal oor die liggies wat
die kasbouer onder die sweefrakke geïnstalleer het en die mooiste van alles is die gryserige
mosaïekteëls teen die mure. Ek geniet my nuwe “ou” kombuis baie!

Vanoggend vroeg. My
dogtertjie is gestrem en
word baie vroeg wakker.
Dis myTuis-tyd. –Kate
Laurie via Facebook

ons lesers sê


Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê Posbus 1802 Kaapstad 8000 of stuur e-pos
na [email protected]. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/
tuistydskrif of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag.

Die skrywer van dié
maandsewenbriefslaan’n
Cubot Note S-slimfoon van R2 500 los!

WEN!


Plak jou plek mooi Madre Kohn van Citrusdal skryf
Baie jongmense kan nie hul eie huise
koop nie en moet dus huur – wat ’n
dekor-dilemma kan wees. My man is ’n
plaasbestuurder met ’n groot ou plaashuis
deel van sy pakket. Daarom moet ek ekstra
kreatief wees om my dekorstempel hier af
te druk. Toe kom ek op hierdie teëlplakkers
van Superbalist af – is dit nie oulik nie? Dit
kos min en dit werk soos ’n bom!

Sy mag maar spog!
Lenique Hutten van Pretoria skryf
In November 2012 het my ouers se huis
op hul hoewe naby Schweizer-Reneke
groot skade in ’n veldbrand opgedoen.
My ma was in sak en as maar die twee
het besluit om die bietjie geld wat die
versekering uitbetaal het ten beste aan
te wend.
Ek was so beïndruk met my ma se
kreatiewe idees en sakpas-oplossings dat
ek eenvoudig hierdie “steel-foto’s” met die
lesers van haar gunsteling-tydskrif moes
deel. (Sy self is oortuig haar handewerk is
maar net ’n manier om van stres ontslae
te raak!)

Voor


Voor


Ek en my man Charlie het ná my pa se
afsterwe my ouers se huis – die een waarin ek
grootgeword het – by my ma gekoop en is tans
besig met veranderings en opknapwerk.
Die eerste projek wat ons aangepak het was
om die piepklein kombuisie van 12 vierkante
meter reg te ruk. Ons het al ons vorigeTuise
nader gehark en plakboeke volgemaak met
idees vir ons nuwe kook-en-kuierplek. En toe
het ons aan die werk gespring.
Nou twee maande later kan ons terugstaan
en ons opwinding oor die eindproduk met julle
deel. –Sulandi Pretorius Pretoria Die redakteur behou die reg om briewe te redigeer.

WENBRIEF

KORTLIKS

Voor


Besit een van die mees gesogte slimfone
op die mark! Cubot is een van die snels
groeiende slimfoon-handelsmerke in
Suid-Afrika en ingesluit by die prys is ’n
ŐƌĂƟƐďĞǀĞŝůŝŐĞƌ
vir die foon se
ŚŽģĚĞĮŶŝƐŝĞƐŬĞƌŵ
van 5½ duim –
nou sal jy altyd op
hoogte wees van
die aksie!


  • Besoek
    cubedtech.co.za
    vir nog
    ŝŶůŝŐƟŶŐ͘

Free download pdf