Tuis. 11

(Tuis.) #1
Saamgestel
deur Kim Arendse

Ons is gaande oor
dié Floral Bouquet
Vintage-plakpapier
met somerblomme –
rose krismisblomme
en Asiatiese lelies –
van Cara Saven Wall
Design. Dit kos
R450/m^2 ; sien
carasaven.com.

Die gesukkel om Ikea-produkte van
oorsee te kry is nou iets van die
verlede! Die plaaslike mykea.co.za
voer Ikea se platverpakte
meubels in – soos dié Pahl-
verstelbare lessenaar (96 cm
breed x 58 cm diep x 111 cm
hoog) vir R2 299. En as hulle
nie die produk wat jy soek in
voorraad het nie kan jy hul
aanlyn-wenslys invul dan voeg
hulle dit by hul volgende
grootmaat-bestelling.

LOCAL IS LEKKER

wat’s nuut


WINKELS TOE!

Nadat ons dié sierlike rakstutte in die Junie-uitgawe gewys het is ons oorval met navrae. Loer in by die
dekor-en-selfdoenwinkel Chisel & Chalk in Durbanville wat soortgelyke stutte van die groothandelaar
Press Up Industries verkoop. Dis beskikbaar in swart met ’n afgewitte voorkoms of roes-effek en
in twee groottes: 18 cm en 28 cm. Skakel 021 976 0444 vir besonderhede.


Foto

Ian Vermeulen (ianvermeulen.com)

Pilgrimage Spaces voorheen net ’n aanlynwinkel het nou ’n
toon lokaal. Die ruimte (op die hoek van Portswood- en Somersetweg
in Kaapstad) het die mooiste handgemaakte artikels van Indonesië
en Indië – nou kan jy daaraan vat en voel voor jy koop! Skakel
021 300 1925 of koop aanlyn by pilgrimagespaces.co.za.
Free download pdf