Tuis. 11

(Tuis.) #1
‘Greek Columnar’-
basilie
Dié meerjarige basilie-kultivar
groei in ’n netjiese struik en het
net soveel gebruike soos die
immergewilde soet basiliekruid.

Kweek dit so Net soos ander variëteite
groei ‘Greek Columnar’ in volson asook
kolle wat oggendson en middagskadu
kry. Plant dit in komposryke grond wat
goed dreineer. Maak gereeld nat sodat
die grond nie heeltemal uitdroog nie
en bemes een keer per maand vir ’n
goeie blaar-oes. Dié basilie is kleiner en
het ’n regopper groeiwyse as ander
soorte (dit word 80 cm hoog en 60 cm
wyd) wat dit geskik maak vir klein
kruietuine en houers.
Kruiewenk Knyp die groeipunte van
jong plante af om ’n meer bosagtige
groeiwyse aan te moedig.
Het jy geweet? Die skerp reuk van die
blare maak dit ’n uitstekende natuurlike
insekweerder. Brou ’n sterk aftreksel
van die blare en gebruik dit as
spuitmiddel teen plantluise en myte op
huisplante; of plant dit as metgesel
saam met tamaties boontjies
murgpampoentjies eiervrug kool en
soetrissies om dié plae af te weer.
Algemene probleme As die grond nie
goed dreineer nie sal daar swart kolle
op die blare of blaarrande ontwikkel.
Gebruike Die krakerige blare is baie
geurig en kan vars in slaaie souse sop
en pasta gebruik word. Voeg dit by jou
badwater om moegheid te verlig of
drink dit in tee om spysvertering aan te
help of stres en slapeloosheid te verlig.
Drink twee tot drie koppies basilietee
per dag om koors te verlaag bakteriële
infeksie te bestry of hoofpyne en
migraines te verlig. Vryf vars blare aan
jou vel om vlieë en muskiete te verdryf.
KONTAK healthyliving-herbs.co.za >>

Krui van die maand



  • Maak seker al jou plante het ’n goeie
    deklaag. In winterreënstreke moet jy
    minstens een keer per week goed natmaak
    met grys- of reënwater; maak in ander streke
    nat tydens droë weer. Nuut geplante
    saailinge en struike moet gereeld natgemaak
    word totdat hulle gevestig is.

  • Voed plante met ’n organiese misstof met
    ’n seewierbasis; dit verbeter en bevog die
    grond. Gebruik die vloeibare vorm as
    blaarvoeding en die korrels as stadig
    vrystellende bemesting.

  • Plant dwerg- middelslag- en hoog-
    groeiende agapante in blou en wit vir
    elegansie en kleur in jou somertuin. Die
    variëteite met wit blomme soos ‘Double
    Diamond’ lyk veral saans pragtig.

  • Daglelies is nuttige en betroubare
    meerjariges; hul boogvormige loof is net so


lieflik soos die blomme self. Hulle blom op
hul beste met ses uur sonlig per dag in
verrykte grond wat water goed behou. Plant
hulle in massas van dieselfde kleur vir
visuele impak in groepe in beddingrande
naby waterfokuspunte en saam met
ornamentele grasse.


  • Bemes somerblommende bolle een keer
    per maand met Hadeco-plantkos. Lelies hou
    van hul koppe in die son en hul wortels in
    die skadu; hou die grond koel met ’n
    10 cm-deklaag oor die wortelarea. Stut die
    stele om reën- en windskade te voorkom.

  • Tydens die reënseisoen word
    voedingstowwe uit die grond gespoel en
    dan het plante bemesting nodig om dié
    stowwe te vervang. Bome het meer
    bemesting nodig as struike wat op hul beurt
    weer meer as meerjariges nodig het.


Nuut by die kwekery
Coleus ‘Campfire’ is die jongste toevoeging tot die Sun Coleus-reeks. Plant dit
in komposverrykte grond in volson of gedeeltelike skadu; volson sal die pragtige
kleure uitbring. Dis ’n fokusplant wat min sorg vra hetsy in die tuin of ’n groot pot –
laasgenoemde sal dit in ’n netjiese vorm van 70 cm hoog en 60 cm wyd hou. Die Sun
Coleus-reeks vra min water en herstel gou as dit verlep het en dan weer water kry.

Beddingdahlias

Coleus ‘Campfire’

Basiliekruid

Somerkleur


Jaarplante is nuttig om kaal kolle in ’n
nuwe tuin en in beddingrande mee te vul
en ingange patio’s potte en hang-
mandjies op te helder. Plant saailinge van
Ageratum asters beddingbegonias en
-dahlias Browallia hanekamme (Celosia)
spinnekopblomme (Cleome) impatiëns
Lavatera lobelias afrikaners ysterkruid
Nierembergia Torenia maagde blomme
(Vinca) en jakobregops (Zinnia).
Heuningblommetjies (Alyssum)
kosmos Kaliforniese papawers
kombersblomme mignonette afrikaners
kappertjies strandviooltjies en jakob -
regops vaar goed wanneer dit direk gesaai word.


Doendinge dié maand ...

Free download pdf