Tuis. 11

(Tuis.) #1
Só bly rose in potte op
hul beste:


  • Maak elke dag nat totdat die
    water by die dreineringsgate
    uitdrup. Die wortels in die
    houer kan nie wyer en dieper uitstrek
    op soek na water soos ’n roos wat in die
    tuin geplant is nie.

  • Bemes elke drie of vier weke met Vigorosa of
    werk Vigolonger in wanneer jy plant; dit sal
    geleidelik genoeg voeding vir die seisoen verskaf.

  • Bespuit elke twee weke met Rose Protector om
    plae te beheer of gebruik ’n mengsel van
    Ludwig’s Insect Spray Chronos en Picanta
    tydens die reënseisoen.
    Blommeprag
    Rose wat trosse blomme met ’n “tuimelende”
    groeiwyse dra is die beste opsie vir potte. Dit
    blom ook herhaaldelik met baie kort tye tussen
    blomvlae. Probeer enige van die ‘Sunsation’-rose
    en miniatuur-struik- of floribunda-rose soos
    ‘Johannesburg Garden Club’ ‘Duncan’s Rose’
    ‘Deloitte & Touche’ ‘Pink Profusion’ ‘South
    Africa’ ‘Easy Does It’ of ‘Red Ayoba’.


Rose lyk pragtig in potte as dit reg voorberei
en versorg word. Hier’s ’n paar wenke:


  • Rose kan ses tot agt jaar in ’n houer bly mits
    dit die regte grootte is; hoe groter die pot hoe
    beter. Gebruik ’n houer van 10 liter vir een
    miniatuurroos ’n houer van 20 liter vir twee
    miniatuurrose miniatuur-rankrose of ’n
    middelslag-struikroos en een van 40–50 liter
    vir twee of meer rose saam.

  • Die beste groeimedium is ’n mengsel van
    kommersiële potgrond kompos en organiese
    materiaal soos grondboondoppe. Ludwig’s
    Roses het ’n potgrondmengsel vir rose wat by
    alle takke beskikbaar is; dit bevat Vigolonger
    ’n bemesting met beheerde vrystelling.

  • Maak die houer driekwart vol met potgrond.
    Sit die roos nog in sy plastieksak in die pot
    om die hoogte te toets. Die finale vlak van die
    grond moet sowat 5 cm bo die houer se rand
    wees en uiteindelik net so hoog teen die
    plant se stam wees as wat die grond in die sak
    was. Die rede hiervoor is dat alle soorte
    potgrond gou insak sodra dit natgemaak word
    sodat die roos kort voor lank te diep in die pot
    kan staan. Anders kan jy die houer met die
    potgrond vul ’n paar dae lank goed natmaak
    en dan die roos plant.

  • Sodra die grondvlak reg is kan jy die roos uit
    sy plastieksak haal. Trek die wortels effens los
    van mekaar veral dié wat om die wortelbal
    gedraai het.

  • Voeg nog potgrond by en druk liggies vas.
    Maak goed nat om die grond te laat insak en
    ontslae te raak van lugborrels.

  • Sorg vir goeie lugbeweging rondom jou
    roospotte deur hulle nie reg langs ’n muur
    staan te maak nie – veral nie een wat warm
    middag- of namiddagson kry nie.

  • Indien jy ’n roos van ’n klein na ’n groter pot
    wil verplant snoei die wortels en blare voor jy
    dit in vars potgrond plant.


Besoek ludwigsroses.co.za en stuur vrae na [email protected].


Ludwig se


rooshoekie


Die rooskenner Ludwig Taschner gee
raad oor hoe om rose in potte te kweek.

‘Vrouefederasie Roos’

Somerreënstreek Maak twee keer ’n week
goed nat strooi deklae bemes in die middel
van die maand met Vigorosa en knip dooie
blomme af. Spuit twee keer per maand met
’n mengsel van Chronos Ludwig’s Insect
Spray en Spray Stay teen plae; spuit ook
met Cyper of Plant Care teen kewers.

Kaapse kusstreek Spuit in nat weer elke
twee weke om die beurt met Rose Protector
en die mengsel links. Bemes in die middel
van die maand met Vigorosa. As jy groot
plukblomme wil hê knyp die syknoppe af;
knyp die punte van nuwe basale lote af om
dit sterk te maak teen stormwind.

Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Maak
twee keer per week goed nat en strooi dik
deklae. Bemes in middel-November met
Vigorosa; spuit met Ludwig se mengsel om
swamsiektes en plae af te weer. Sny dooie
blomme af; dit moedig die plant aan om uit
te loop en te blom.

Take vir elke streek


Rose vir potte


V: Vir die afgelope 10 jaar het ek rose in
potte gekweek. Twee jaar terug het ek om
veiligheidsredes vloedligte laat installeer
wat beteken die rose is van skemer tot
dagbreek in lig gehul. Ek let op hulle dra
minder loof en blomme. Wat kan ek doen?
Aangesien jou rose nou 24 uur per
dag “werk” kort hulle dalk meer voeding
en water. Ná 10 jaar raak die grond baie
gekompakteer en kry die wortels nie
genoeg lug nie. Ek stel voor jy haal die
plante in Julie uit en plant hulle oor in nuwe
potgrond. Anders kan jy die helfte van die
grond in elke pot uithaal en met ’n
besemstok verskeie gate tot teen die
bodem in die potgrond maak. Vul dan dié
gate met kompos en maak goed nat sodat
die kompos die water absorbeer.


V: Wanneer is die beste tyd om my
‘Vrouefederasie Roos’-bome te spuit?
Ek stel voor jy spuit soggens of laat
in die middag dan het die oplossing meer
tyd om die blare binne te dring voor dit
droog word. Dis altyd goed om gereeld
voorkomend te spuit pleks van net
wanneer die roos las het van plae
of siektes. ‘Salmon Sunsation’

‘Peach Sunsation’

November 2017 tuis 105

Free download pdf