Tuis. 11

(Tuis.) #1

November 2017 home 11


SY WERK In 2015 het Vusani Ravele ’n gekwalifiseerde
industriële ingenieur ’n koordlose boor as Valentynsgeskenk
gekry. Dit het sy lewe verander. “Ek wou net gate boor!” skerts
hy. “Ek het begin timmer; my eerste projek was ’n klein
laaikas.” Sy volgende kopie was ’n CNC-masjien en vandag is
hy die stigter en eienaar van die aanlyn-dekorwinkel Native
Décor. Hy verkoop alles van horlosies en drupmatjies tot
muurkuns potplante en tydskrifrakke – alles met
minimalistiese ontwerpe en gemaak van volhoubare topgehalte-
laaghout. Besoek nativedecor.co.za of skakel 011 783 9600.


HOU DOP!
BESIGHEID Native Décor
WIE Vusani Ravele
WAAR Johannesburg

WITWARM MODE!

Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na [email protected].

Plascon se kleur van
die jaar is Amadeus
maar dié verf-
vervaardiger het ook
vier kleurstories vir
2018: Exotic
Euphoria Soft
Composition Craft
Spirit en High-Glo.
Elk van dié
kleurstories bestaan
uit agt kleure. As
minimalisme jou
aanstaan is die Soft
Composition-
kleurstorie jou
antwoord: van
appelkoospienk
Hudson en liggrys
Beijing Moon tot
Storm Cloud ’n
sterk blou net reg
vir ’n fokusmuur.

UIT LAPLAND
Stacey Wright ART en The A Store het pas hul Blue Botanicals-
materiale bekend gestel. Die reeks van drie ontwerpe waar-
onder Palm Grove hierbo is ontwikkel nadat Stacey se klante
haar oortuig het om haar pragtige kunswerke op lap te laat
druk. Dit kos R550/m (144 cm breed). Vir meer inligting en om
te bestel besoek theastore.co.za.

Wil jy jou leefarea ’n styl-inspuiting gee? Dan is dié leer-sitkussings
van Moroccan Warehouse (elk sowat 50 cm in deursnee en 30 cm
hoog) net die ding! Besoek die winkel op die hoek van Buitenkant- en
Commercialstraat in Kaapstad of skakel 021 461 8318.

Pasta Primavera uit die Soft


Composition-kleurstorie


November 2017 tuis 11

Free download pdf