Tuis. 11

(Tuis.) #1
Lamkoftas
Koftas is Marokko se hamburger op
’n stokkie.

Genoeg vir 8 koftas
(afhangend van die grootte)
Bereidingstyd: 30–40 minute
Gaarmaaktyd: 8–10 minute


  • 5 ml komynsaad

  • 25 ml vinkelsaad

  • 25 ml koljandersaad

  • 12 kg lamsmaalvleis

  • ’n hand vol Italiaanse pietersielie gekap

  • 2 eiers geklits

  • 2 knoffelhuisies gekneus

  • 75 g amandels fyngekap

  • 5 ml rissievlokkies

  • 5 ml sout

  • varsgemaalde swartpeper na smaak

  • sap van 1 suurlemoen

  • 250 ml droë broodkrummels


1 Stamp al die speserysade saam fyn
in ’n vysel.
2 Voeg dit dan by die res van die
bestanddele en meng goed. Vorm sowat
60 ml van die vleismengsel in ’n worsie
rondom ’n sosatiestokkie; herhaal met die
res van die vleismengsel. Verf die koftas met
’n bietjie olyfolie.
3 Braai vir sowat 8 minute oor matige kole
of onder ’n warm roosterelement. Draai
hulle kort-kort om tot hulle deurgaar is. Sit
voor met platbrode taboeli en jogurtsous.

Wenk Bedek die koftas en laat hulle in
die yskas rus tot wanneer jy hulle wil braai.
Dit help nie net om die geure te laat meng
nie maar verhoed ook dat die vleis van die
stokkies afval tydens die braai.

Taboeli (Tabbouleh)
Plaas 250 ml bulgurkoring in ’n bak en
bedek dit met warm water. Laat staan vir
10 minute dreineer en druk droog. Meng
met 125 ml fyngekapte Italiaanse
pietersielie 30 ml fyngekapte vars ment
2 rooiryp tamaties (ontpit en in blokkies
gesny) ½ komkommer (in blokkies gesny)
1 rooi ui (fyngekap) 60 ml olyfolie 30 ml
vars suurlemoensap en 2 gekneusde
knoffel huisies. Bedek en laat vir 2 uur in
die yskas staan sodat die geure kan meng
en ontwikkel. Roer af en toe. Sit teen
kamer temperatuur voor met jogurtsous
(sien bl. 109).

Eiervrugslaai
’n Heerlike slaai met ’n intense geur omdat
die rokerige geroosterde eiervrug en
speserye mekaar so goed aanvul.

Genoeg vir 4–6 porsies
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute


  • 1 kg heel eiervrugte

  • 90 ml olyfolie

  • 3 knoffelhuisies in dun skyfies gesny

  • 5 ml koljandersaad

  • 10 ml komynsaad

  • 1–2 groot ryp tamaties skilletjies
    afgetrek gekap

  • 75 ml paprika

  • 75 ml gekapte vars Italiaanse pietersielie

  • 90 ml gekapte vars koljander

  • 75 ml vars suurlemoensap

  • sout en varsgemaalde swartpeper
    na smaak


1 Rooster die heel eiervrugte oor ’n gasvlam
of oor die kole totdat die skil bros en
gerooster en die vlees sag is. Verwyder van
die hitte en laat afkoel.
2 Sny dan die stingelente af en trek die skille
af. Sny die eiervrug in blokkies. Verhit die
olyfolie in ’n pan en braai die knoffel vir ’n
paar sekondes daarin. Voeg die koljander- en
komynsaad by en roer deur totdat die geure
begin ontwikkel.
3 Voeg die eiervrug tamatie paprika
pietersielie die helfte van die koljander en
die suurlemoensap by. Roer deur en geur
met sout en swartpeper. Laat prut vir sowat
20 minute maar roer af en toe. Die eier vrug
is gereed sodra dit nie meer waterig is nie.
Voeg die oorblywende koljander by en sit
voor teen kamertemperatuur. >>

Marokkaanse
gevlekte hoender
Met so ’n geurige kombinasie van
speserye uit Noord-Afrika word gewone
hoender eksotiese koningskos.

Genoeg vir 4–6 porsies
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur 30 minute
Oondtemperatuur: 200 °C


  • 60 ml olyfolie

  • 45 ml fyn koljander

  • 45 ml heel komyn

  • 10 ml kaneel

  • 3 knoffelhuisies gekneus

  • 1 groot heel hoender

  • 2 x 400 g-blikke kekerertjies

  • 250 ml hoenderaftreksel

  • sout en varsgemaalde swartpeper

  • 125 g vars kersietamaties


1 Voorverhit die oond. Meng die olyfolie
koljander komyn kaneel en knoffel.
Gebruik ’n kombuisskêr en knip die
rugbeen van die hoender los. Jy gaan dit nie
gebruik nie; vries dit en gebruik later vir
hoenderaftreksel.
2 Draai die hoender om en druk dit met
jou handpalm plat om dit oop te vlek.
Dreineer die kekerertjies en spoel af onder
koue lopende water. Keer die kekerertjies uit
in ’n oondbak en giet die aftreksel oor. Plaas
die gevlekte hoender bo-op en geur met
sout en swartpeper; vryf die hoender met
die spesery-olie in. Bedek die bak met foelie
en rooster vir sowat 1 uur in die oond.
3 Verwyder die foelie strooi die kersie-
tamaties oor en oondrooster vir nog sowat
30 minute of tot die hoender goudbruin en
gaar is. Sit voor met hoemoes.

Hoemoes
Maak ’n dag vooraf vir die beste geur.
Dreineer 2 x 400 g-blikke kekerertjies
en verwerk dit saam met 60 ml tahini
4 gekneusde knoffelhuisies die sap van
een suurlemoen 60 ml olyfolie 25 ml fyn
komyn 25 ml rooipeper 25 ml paprika en
sout na smaak in ’n voedselverwerker (of
met ’n staafmenger) tot ’n romerige
tekstuur. Proe en geur met ekstra
suurlemoensap sout en speserye indien
nodig. Drup ’n bietjie ekstra olyfolie oor
voordat dit voorgesit word en sprinkel
paprika oor as garnering.

Marokkaanse


kos word met


goeie bestanddele


en eenvoudig berei


maar dis gelaai


met smaak.


110 tuis November 2017


hoofkos

Free download pdf