Tuis. 11

(Tuis.) #1
Murgpampoentjies
met chermoula
Chermoula is ’n Marokkaanse sous of
smeer wat heerlike geur verskaf aan
hoender vis of vegetariese geregte.

Genoeg vir 4–6 porsies • Bereidingstyd:
30 minute • Gaarmaaktyd: 5–8 minute


  • 800 g groot murgpampoentjies
    Chermoula

  • 15 ml olyfolie

  • 3 knoffelhuisies gekneus

  • 10 ml fyn komyn

  • 5 ml paprika

  • 1 vars groen brandrissie fyngekap

  • ’n hand vol koljanderblare fyngekap

  • 60 ml vars suurlemoensap

  • sout na smaak


1 Blansjeer die murgpampoentjies tot net
gaar (nie pap nie). Sny hulle dan in die lengte
middeldeur.
2 Meng al die bestanddele vir die chermoula
saam tot ’n pasta. Roer dit deur die warm
murgpampoentjies en sit voor teen
kamertemperatuur.

Wenk Vryf vleis vis of hoender in met
chermoula voordat dit gerooster word; dit kan
ook ná die tyd saam met die gereg voorgesit
word of by souse gevoeg word om die smaak
te verbeter.

Lemoen-en-
rooswatersorbet
Lemoene en rooswater is ’n tradisioneel
Marokkaanse kombinasie – dié twee
geure is perfekte pasmaats.

Genoeg vir 6
Bereidingstyd: 30 minute plus vriestyd


  • 200 g strooisuiker • 125 ml rooswater

  • 600 ml lemoensap • gerasperde skil van
    ’n halwe lemoen • suurlemoensap na smaak


1 Verhit die strooisuiker en rooswater saam in
’n klein kastrol oor lae hitte en roer totdat die
strooisuiker opgelos is. Laat prut vir ’n paar
minute of totdat ’n dun stroop gevorm het.
Laat afkoel.
2 Voeg die stroop by die lemoensap saam
met die lemoenskil en suurlemoensap. Plaas
dit in ’n bak in die vrieskas en krap die sorbet
elke halfuur met ’n vurk om te voorkom dat dit
kristalliseer. Jy kan dit ook in ’n roomys-
masjien maak. Sit voor met bros koekies.

Botterskorsie-
en-koeskoesslaai
met tahinisous
Tahini is ’n pasta gemaak van gemaalde
sesamsaad. Dit het ’n ryk neuterige
geur en word dikwels in Midde-
Oosterse kookkuns gebruik.

Genoeg vir 4–6 porsies
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 30–40 minute
Oondtemperatuur: 200 °C


  • 1 kg botterskorsie
    in blokkies gesny

  • 1 knoffelhuisie gekneus

  • 15 ml komynsaad

  • 5 ml fyn koljander

  • 5 ml kaneel

  • 25 ml fyn gemmer

  • 30 ml olyfolie

  • 375 ml groenteaftreksel

  • 400 ml koeskoes

  • 30 g geroosterde dennepitte

  • 1 rooi ui fyngekap

  • 250 ml gekapte
    vars koljanderblare


Lemoen-en-
rooswatersorbet

Tahinisous


  • 1 knoffelhuisie gekneus

  • 45 ml vars suurlemoensap

  • 45 ml tahini

  • 30 ml water

  • 30 ml olyfolie


1 Voorverhit die oond. Meng die
botterskorsieblokkies knoffel speserye en
olyfolie. Geur met sout en peper en meng
goed deur. Sprei dit dan op ’n bakplaat uit
en oondrooster vir sowat 30 minute tot gaar.
2 Verhit die aftreksel in ’n kastrol tot
kookpunt. Verwyder die kastrol van die plaat
en voeg die koeskoes by. Sit die deksel op
en laat vir 5 minute staan; roer die koeskoes
dan los met ’n vurk.
3 Berei die tahinisous Meng die knoffel
suurlemoensap en tahini. Voeg die water en
olyfolie by om dit te verdun en geur na
smaak.
4 Meng die botterskorsie dennepitte rooi
ui koljander en koeskoes en drup die tahini-
sous oor. Roer versigtig deur en sit voor.

Let wel Tahini is by
die meeste supermarkte te kry.

114 tuis November 2017


hoofkos

Free download pdf