Tuis. 11

(Tuis.) #1

vir tee


NET BETYDS


Skep jou eie blomfantasie en beïndruk jou


gaste met dié pragtige tafeldek-idees.


Deur Kim Arendse en Shelly Bergh • Foto’s Henk Hattingh
Stilering Shelly Bergh • Assistent Jomeri Mouton

Begin by jou tafeldoek
Gebruik ’n stuk gewone lap (kaasdoek of katoen
werk goed) van die regte grootte rekkies en pienk
lap kleursel (ons het Lady Dye in die kleur Baby Pink
gebruik). Knyp eerstens stukke lap sowat 30 cm uit
mekaar vas sodat jy ’n rekkie om elke “bondel” kan
sit. Maak gerus die bondels nader aan mekaar; die
ruimte tussenin hoef nie perfek gemeet te wees nie.
Jy kan ook meer rekkies om party bondels vasmaak
(na die bopunt toe) vir meer detail in die patroon.
Meng die kleursel volgens die aanwysings op die
verpakking en laat lê jou lap vir 45 minute tot ’n uur
daarin. Haal al die rekkies af spoel tot die water
helder is en laat die lap droog word. Los die doek
gekreukel vir ’n meer informele gevoel.
Bykomstighede van Check My China; vetplant-
kolwyntjies deur Tihmily Cakes

1


Kyk op!
Hang blomme bo jou tafel – dis nou een manier om
jou tafeldekor tot nuwe hoogtes te voer! Gebruik tou
of kabelstroppe om ’n rangskikking aan ’n kandelaber
of hangligamp vas te maak en stal soortgelyke
blomme in bekers of vase op die tafel uit om die
hangende rangskikking te komplementeer.

2


Geel draad-lampskerms van
Abode; wit draad-lampskerm
van Builders; blomme-
rangskikkings deur Floral
Design by Jomeri Mouton
Free download pdf