Tuis. 11

(Tuis.) #1

November 2017 tuis 13


KONTAKTE & VERSKAFFERS Abode 072 261 3540 abode.co.za
Builders 0860 284 533 builders.co.za
Check my China 083 270 6006
Floral Design by Jomeri Mouton facebook.com/jmflorals
Tessa’s Bakery 021 551 6107 tessasbakery.co.za
The Red Kitchen 082 293 3092 facebook.com/intheredkitchen
Tihmily Cakes 076 509 8523 tihmilycakes.co.za

4 Bak jou blomme
Hou jy van krismisrose? En van koek? Kombineer die
twee en sit dié indrukwekkende bederfies voor. Maak
drie lotte versiersel in skakerings van dieselfde kleur.
Skep dit in ’n spuitsak met ’n redelik oop sterpunt en
versier drie koeke met blommetjies soos krismisrose.
Koeke van Tessa’s Bakery

5 Prentjiemooi!
Dié koekies is amper te mooi om te eet! Maar moenie
skrik nie – jy kan self sulke kuns skep al is jy geen
Picasso nie. Bedek eenvoudig koekies met harde
versiersel (’n mengsel van geklitste eierwit en
versiersuiker) wag tot dit hard is en teken dan ’n
patroon of vryhandskets van jou keuse met ’n loodvrye
potlood daarop. Gebruik koskleursel en ’n klein
kunstenaars kwas om jou prentjie in te kleur; doop die
kwas af en toe in helder deursigtige alkohol. (Jy kan
ook water gebruik maar alkohol help dat die kleursel
minder vloei.)
Koekies van The Red Kitchen

3


4


Laat jou liggie skyn


Vir ’n oulike kers in ’n teekoppie smelt gewone
wit kerse (sowat twee per koppie afhangend van
hoe groot jou kerse is en hoeveel koppies jy het)
in ’n pot op die stoof. Haal die pitte versigtig uit
knip dit in die regte lengte en maak ’n gewiggie
aan een punt vas (’n waster werk goed). Draai
die ander punt van die pit om ’n sosatiestokkie
en laat hang dit dwars oor die koppie met die
gewig in die middel. Giet dan die warm was in
die koppie en laat dit afkoel. Knip die bopunt van
die pit af sodra die was gestol het.


5

Free download pdf