Tuis. 11

(Tuis.) #1
Die stoep is Andries se gunsteling-plek.
Hy is ’n kranige voëlkyker en sit graag hier
met ’n koppie koffie terwyl hy die
Knysna-loeries dophou.
Rottangstoele van Ffiago (wat intussen
toegemaak het); hanglamp van Weylandts

In 2012 het Andries en Jayne Brink hul eerste


huweliksherdenking gevier met ’n naweek weg


op Knysna.


Maar dié naweek was nie net ’n romantiese wegbreek nie – die jong getroudes was vuisvoos ná ’n
hoogs onsuksesvolle huissoek-ervaring in “Kaapstad se genadelose eiendomsmark”.
“Ons harte is keer op keer gebreek en ons het gou besef ons moet ons begroting verdubbel en ons
verwagtinge oor grootte en buiteruimtes halveer” sê Jayne.
“Op Knysna het ’n advertensie vir ’n interessante eiendom ons oog gevang” onthou Jayne. “Maar
daar was ’n misverstand en uiteindelik het die huisagent ons na dié huis toe gebring.”
Dis was liefde met die eerste oogopslag en soos die geluk dit wou hê het die provinsiale hospitaal
’n pos gehad vir Andries – hy is nou die kliniese bestuurder daar. Hy het hoeka sy gemeenskapsdiens
van 2009 tot 2011 op dié lieflike kusdorpie voltooi so vir hulle was die skuif soos ’n tuiskoms.

Free download pdf