Tuis. 11

(Tuis.) #1
Foto’s

Gallo Images

24 tuis November 2017


leserhuis


O


Ons eerste besoek was op 7 Junie die dag
toe die Tuinroete deur ’n rampspoedige
brand getref is. Ek en ons fotograaf
Francois moes stormsterk winde van tot
97 km/h en swart en rooi rookwolke trotseer
terwyl ons die Brinks se pragtige huis
afgeneem het. Aanvanklik het ons nie die
omvang van die ramp besef nie – later sou
ons hoor die brand het op die ou end deur
19 800 ha gewoed sowat 1 200 huise
verwoes en plantasies van 12 900 ha in die
Eden-distrik uitgewis. Ses mense het
omgekom.
Teen 15:00 daardie dag was ons
vasgekeer op Knysna sonder ons bagasie;
dié was nog by ons gastehuis op Sedgefield.
Terselfdertyd – en regdeur die nag – moes
Andries vreesbevange pasiënte troos en die
hospitaal ontruim en die hele proses
herhaal toe hul tydelike vesting ook in
gevaar kom. Jayne Ben en die honde moes
ook daardie nag hul pragtige huis ontruim
(dit staan darem nog!) en die nag in hul kar
deurbring.
Met ons tweede
besoek het Jayne
vertel: “Toe Andries
laat weet die wind het
gedraai en ek moet my
regmaak om pad te
gee het ek geweet ek
is beperk tot wat in my
kar sal pas.”

Met klere kos water Andries se
foto grafiese toerusting en hul rekenaars se
hardeskywe ingepak was Jayne deeglik
bewus van hoe min enige wêreldsgoed
beteken wanneer so ’n ramp jou in die
gesig staar.
“Al huisgoed wat ek ingepak het was ’n
voëlboek in ’n leeromhulsel wat Andries by
sy ouma gekry het ’n boek met Polaroids
van ons troue en ons William Kentridge-
kunswerk wat ’n trougeskenk was. Ek
onthou hoe ek gedink het ons aardse
besittings beteken eintlik niks nie en een of
twee goed is niks werd sonder die res nie.”
Jayne Ben en die honde het die nag by
haar vriendin en sakevennoot Gina se huis
op Leisure Isle een van ’n paar veilige
plekke deurgebring. “Gina en haar man
Francois het sowat 20 mense en ’n
mengelmoes diere onderdak gegee en hul
hoofslaapkamer afgestaan vir Ben wat
taamlik ontsteld was. Ek het die nag met my
honde in die kar deurgebring want hulle
het vreeslik getjank as ek hulle alleen los.
Die selfoon-ontvangs was onbetroubaar
maar uit die brokkies inligting wat ons
ontvang het was ek oortuig ek is my huis
en besighede kwyt.”
Terug in Kaapstad het die Tuis-span wat
dit net betyds uit Knysna gemaak het voor
die N2 gesluit is dié briefie ontvang wat
Jayne te midde van die chaos geskryf het:
Ek is so bly julle kon sonder ’n groot
gesukkel wegkom. Wat ’n verskriklike tyd op
Knysna! Ek was oortuig dat ons niks sou
oorhê nie maar ons is so gelukkig.
Ons het nou ’n huis vol
hawe lose vriende en meer
diere as wat ons kan tel.
Dankie dat julle gekom
het; hoop jul huise het

die kwaai Kaapse storm vrygespring. Baie
liefde uit ’n verwoeste Knysna.
Eers later het ons besef: Tussen die
gejaag om weg te kom en ander slaapplek
te kry het iets skeefgeloop – al die foto’s is
op ’n manier uitgewis ...
Agterna beskou onthou die Tuis-span die
vrygewigheid en vriendelikheid van soveel
inwoners soos Jayne en Gina wat Madam
Botany in ’n tydelike liefdadigheids winkel vir
die slagoffers omskep het en die eienaars
van ons gastehuis Pelican Lodge op
Sedgefield wat potte vol kos gekook het vir
die talle ontheemdes.

NÁ


DIE brand


Die Tuis-span moes twee keer Knysna toe om


Andries en Jayne se huis af te neem; Marian


van Wyk onthou daardie eerste dag ...


Marian

Francois

Toe die concierge by die hotel na
Marian se bagasie vra het sy hom
haar nood-kopies vir die nag gewys!
Free download pdf