Tuis. 11

(Tuis.) #1

Abi het die binnekant van haar huis wit geverf vir ’n neutrale
agter grond waarteen haar geliefde versamelgoed sou uitstaan. In die
leefareas het sy ’n houtvloer oor die oorspronklike swart sement laat
lê en ook wit geverf. Op die tweede verdieping is Abi se slaapkamer
badkamer en ontwerpateljee. Hier is die houtvloer natuurlik gelaat
vir ’n warmer voorkoms.
Elke vertrek is versier met ’n ryke verskeidenheid materiaal
kuns werke plante en spatsels warm kleur. “Ek vind aanklank by ’n
boheemse styl met ’n mengelmoes van bykomstighede en ’n titsel
ouwêreldse glans” sê sy. “Die patrone teksture en kleure van Indië
en Marokko is vir my ’n groot bron van inspirasie en ek is mal oor
eklektiese lap en versamelings kuns en boeke. Ek het ’n ernstige
lap-verslawing!”


Sy gebruik haar versamelings vir als van dekens tot strooi kussing-
oortreksels – selfs haar stortgordyn is met die hand gemaak!
“Wanneer ek mooimaak begin ek altyd met ’n paar items
waarvan ek hou – dit kan enigiets van lap meubels of teëls wees.
Dan voeg ek stukke by wat daardie eerste kopies komplementeer”
verduidelik sy.
Dis weinig dat Abi ’n besonderse kopie kan weerstaan – soos die
rooi perspeks-letters op die trap wat sy by ’n Paryse vlooimark
raakgeloop het. “Ek kon niks spel met die letters wat te koop was
nie toe vat ek maar ’n N en ’n O. Ek het hulle terug Londen toe
gekarwei op die Eurostar en ’n jaar later Kaapstad toe laat kom.
Omdat ’n groot rooi ‘no’ darem te negatief gevoel het gebruik ek die
N as ’n Z – dit lyk vir my so mooi daar op die trap!” >>

Elemente van hout gee die badkamer
warmte terwyl spatsels blou soos die
stortgordyn van Indiese lap trefkrag
gee aan die ruimte.

Abi het nog altyd ’n fyn oog vir dekor
gehad. Dié ligblou Franse kas is van ’n
antiekhandelaar in Londen; dit was ’n
mondigwordinggeskenk van haar ouers.

Eklektiese lap en versamelings


Ster en vaas van Moroccan Warehouse Blou muurkassie van Amatuli; wit
stoeltjie en kershouer van gumtree.co.za

November 2017 tuis 31


leserhuis

Free download pdf