Tuis. 11

(Tuis.) #1

D


Dit was dalk donker en beknop maar Tammy
en Alistair Holmes het dié huis so reg uit die
sewentigs in Parkmore vir ’n goeie prys gekry en
tussen dié vier mure het hulle nog net geluk
beleef.
Die paartjie wat in 2015 op Tinder ontmoet
het het in April 2016 die huis se sleutels gekry
en daardie selfde aand het Alistair vir Tammy die
groot vraag gevra. Hy het gesê hulle gaan uiteet
maar eintlik was hulle op pad na die huis wat sy
toe nog nie gesien het nie.
Sy was geblinddoek terwyl Alistair haar
binnegelei het na waar hy “Sal jy met my trou?”
op die grootste oop muur gespuitverf het.
“Toe hy die blinddoek afhaal was ek
heeltemal verward want hier staan ons in ’n
vreemde leë vertrek” vertel Tammy. “Toe sien
ek Al is op een knie en ons is omring met
honderde rooi rose. Hy het die mooiste
toespraak gemaak ek het ja gesê en die
sjampanje se kurk geskiet. Eers toe sien ek die
vraag teen die muur!”
“Ek het geweet ons sou tog verf!” sê Alistair
en lag. “En dis spesiaal om te weet my woorde is
nog daar onder ’n paar lae verf.”
Die lekkerste verrassing van als? Die dag toe
hulle intrek ná vyf maande se opknapwerk het
hulle uitgevind Tammy is swanger met hul
dogter Ivy. >>

DIE BLOUSTE BLOU

Ons hou van die
wit leeukop-hake van die
Dassiesfontein-plaaswinkel
buite Botrivier.


Tammy en Alistair wou hê hul kombuis moes
’n stylstelling maak daarom het hulle die
bestaande kaste uitgeruk en die oopplanruimte
uitgerus met treffende blou Supawood-kaste.
Die melamienblaaie is vervang met kwarts
en hulle het ’n eiland met ’n eikehoutblad
bygevoeg. Die ou donker blokkiesvloer is
vervang met gelamineerde eikehout.
Kashandvatsels van Handles Inc.

Omdat die badkamer te groot en
onpersoonlik gevoel het het die
paartjie ’n donkerblou fokusmuur
(dieselfde Dulux Shutter Blue as in die
kombuis) geverf en die interessante
spieëls daarteen gehang om die ruimte
knusser te laat voel. “Ons was van
plan om ’n fortuin te bestee aan ’n
afvlaklaag vir die badkamervloer maar
ons bouer het voorgestel ons skuur
eenvoudig die beton nadat ons die
teëls uitgekap het. Ons is mal oor die
industriële voorkoms!” sê Tammy.
Spieëls van MRP Home; kandelaber
van bidorbuy.co.za; blinding-lap van
Mavromac; leer van @home; krane van
Bathroom Bizarre

’n Verskuifbare leer-rak bied
ekstra pakplek sonder om
die ruimte oor te neem.
Free download pdf