Tuis. 11

(Tuis.) #1
Twee skakerings van grys is met groot
sukses op die patio se mure gebruik.
Mure geverf met Plascon Beijing Moon
(ligter grys) en Earthcote Ja Boetie
Johan (donkerder grys); swart hanglamp
en wit ottoman van Block & Chisel;
kroegstoele van Cane World; die mat is
’n afvalstuk van die slaapkamermat

STYLVOLLE GRYS

Die paartjie het ’n koue donker
patio omskep in ’n gesellige
kuierplek kompleet met ’n kaggel
kroeg en pizza-oond. Met die oog
op ’n oop lugtige ruimte het hulle
die bestaande dak vervang met
ontblote balke en wit Chromadek-
dakplate. Spatsels kleur soos die
geel geverfde kas (’n erfstuk) gee
dit ’n kontemporêre gevoel.


Die huis se fasade is modern en
verwelkomend danksy die liggrys kleur
met sy warm bruin ondertoon. Die
oorspronklike prieel is wit geverf en
pilare is bygevoeg vir visuele kontras.
Buitemure geverf met Plascon Beijing
Moon; dagbed van MRP Home; strooi­
kussings oorgetrek in buitelap van Hertex

Omdat almal altyd


by ons huis inval vir


’n drankie of aand-


ete is dit belangrik


dat ons ’n lekker


buitekuierplek het.



  • Tammy


Ons hou van die
openinge agter die kroeg wat
net so oop gelos is sonder
vensters of patioblindings.

November 2017 tuis 53

Free download pdf