Tuis. 11

(Tuis.) #1
VROLIKE GEEL

’n Muur tussen twee slaapkamers is uitgebreek om Tammy en Alistair se
slaapkamer met sy en suite-badkamer te skep. Hulle wou onderskeid tref
tussen hul slaapkamer en die res van die huis en met die geel aksente
en treffende materiaal het hulle dit beslis reggekry!


Die kombinasie van geel en grys was vir hulle
so mooi dat hulle dit in die studeerkamer ook
gebruik het; die lang gordyne met die tropiese
patroon sorg vir visuele drama. >>

Dis vir ons heerlik om


naweke in die bed te lê met


‘n koppie tee in die hand en


die kleurryke voëls dop te


hou wat die tuin besoek.



  • Tammy


Kandelaber van Block & Chisel; bêremandjie van @home;
blindinglap van Mavromac; pynappel-strooikussings van Hertex

Gordynlap van Constantia Fabrics;
mat van MRP Home; kandelaber van
bidorbuy.co.za; stoele en
strooikussing van @home

Blindinglap van Hertex;
rak met sierrand van Dovetail

Spieëls van Block & Chisel;
muurlampe van The Lighting
Warehouse; wasbakkas van
Lots and Crates

Free download pdf