Tuis. 11

(Tuis.) #1
1 Droommooi van weggooigoedhuis 2 Blyplek van yskaspanele 3 vraghouer-huiseTwee kreatiewe

Eisj!

Van swembad tot ateljee

KOS

DEKOR PALET-INSPIRASIE

SIEN IS GLO!

REGRUK MET FLAIRONS T OP-10!

Eko-sjiek

September 2017

Moets en Bou ’n bedbasis op wiele^
moenies van strooikussings

BrandCoke-pewoeydingn &
So maak mens

TUINGryswater
& reënwater

jou praktiese huis-en-tuingids huis-en-tuin-NotydskrifSA se. (^1)
( BTW ingesluit) NamibiëR3990 N$4240 9 771810 989007
09160
Die skrywer van
dié maand se
wenbrief kry ’n Plush-
geskenkpak van R1 500!
WEN!
Die redakteur behou die reg om briewe te redigeer.
KORTLIKS
Of jy nou op vakansie is of by die
huis uitspan ’n smullekker ete
in die oond of op die braai is altyd
’n welkome bederf! Watter
kookmetode jy ook al gebruik jy
kan vertrou op Plush Supreme
Oven Cleaner (R4599 by voorste
kleinhandelaars) om hardnekkige
vet en vlekke te verwyder en ’n
beskermingslaag te skep als in
een eenvoudige stap – wat beteken dis maklik
en vinnig om jou oond skoon te hou!



  • Vir besonderhede oor ander produkte in die
    reeks besoek plush.co.za.


In die September 2017-uitgawe was
daar ’n inspirerende artikel “Blyplek
in ’n blikhuis”. (Dis verstommend wat
vindingryke en kreatiewe mense alles doen!)
In die artikel word genoem dat geen
munisipale goedkeuring nodig was
nie omdat die struktuur op ’n plaas
opgerig is. Dit wek die indruk dat hierdie
praktyk vir alle plase geld. Die Nasionale
Bouregulasies soos vervat in Wet 103
van 1977 is egter op alle strukture en
grondeenhede van toepassing. Aangesien
plaaslike munisipaliteite verantwoordelik is
vir die toepassing van die wet stel ek voor
dat lesers die boubeheerafdeling van hul

plaaslike munisipaliteit raadpleeg voordat
hulle met enige konstruksie begin. 
Munisipaliteite kan stewige boetes oplê vir
ongemagtigde bouwerk en strukture.
Probleme kan ook ontstaan by die verkoop
van ’n eiendom wanneer die munisipaliteit
moet bevestig dat alle strukture daarop
voldoen aan alle toepaslike vereistes voordat
oordrag kan plaasvind.
Boonop is banke en versekeraars lugtig
om verbandlenings toe te staan en ’n
eiendom te verseker indien strukture op die
eiendom nie aan alle vereistes voldoen nie.
Ek glo Tuis wil lesers ingelig hou en die
korrekte inligting oordra.

ons lesers sê


Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê Posbus 1802 Kaapstad 8000 of stuur
e-pos na [email protected]. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.
com/tuistydskrif of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag.

WENBRIEF
Alta Vogel van Stellenbosch skryf Ons kon nie bekostig om
huis te koop op Stellenbosch nie en kom toe af op die Lyne-
doch Eco Village so 15 km buite die dorp. Hier tussen huise
gebou van roustene en sandsakke het ons geleer om “groen”
en goedkoop te bou veral as jy dit self doen. Vandag beloop die
verbandpaaiement vir ons drieslaapkamerhuis minder as die
huur wat ons voorheen betaal het! Die groot rede is dat ons met
tweedehandse bakstene gebou het – koop dit op Gumtree asook
by plaaslike stortingsterreine waar helpers die stene een vir een
skoonkap. Natuurlik is dit tydrowend maar dis ekovriendelik en skep werk. En met
die baksteen-voorkoms nou hoogmode hoef ’n mens nie eers te pleister nie.

Vir twee kroonprinse


Dankie aan almal wat jul nuusbriewe
saamstel. Dit gee my soveel kykgenot om
nie te praat van die inspirasie nie. Dié tyd van
die jaar begin my vingers mos jeuk en werk
my verbeelding oortyd aan alles wat ek wil
verander voor dit regtig warm word hier aan
die Weskus. Ek koop elke maand twee Tuise
(die kassier weet al: “Twee Mevrou?”) – een
vir my en een vir ’n vriendin wat die grootste
deel van die jaar in Amerika woon. Wanneer
Carina terugkom wag daar ’n fees op haar!
Doen so voort. – Elsa Fouché Velddrif

Somien Smit van Pretoria skryf Ek wil net ’n bietjie spog met
my man se handewerk. Met ons derde seuntjie op pad het ons die
oudste twee saam in een kamer geskuif. Dis nie ’n groot vertrek
nie daarom het ons besluit op stapelbedjies – wat my man self
gebou het uit onder meer palethout en weggooi-gordynkappe. Al
waarop ek geld moes spandeer was lap vir die duvetoortreksels
asook ’n lampskerm wat ek vir R50 by ’n liefdadigheidswinkel
gekoop en self oorgetrek het. Manlief het ’n tafeltjie gemaak uit ou
bekistingborde. Die boeties is absoluut mal oor hul nuwe kamer
oftewel die “kasteel” soos ons dit noem.

Toe iemand dié stoel op die ashoop wou gooi
toe sê ek: “Hy kort ’n nuwe kans.”


  • Elisabeth Teir-Opperman Warner Beach


Ou bakstene nuwe huis


Maak eers seker Doretha Kotze van Moorreesburg skryf


Voor


Nadat albei ons ouers die afgelope twee
jaar oorlede is moes ons drie kinders hul
pragtige goed deel: die fynste koppies mooi
kunswerke uitgerafelde kant ou boeke
meubels ouma Pollie se ou Mercedes en
poskaarte wat vertel van liefde heimwee en
verlange. Terwyl elke stuk ’n nuwe plek kry
voel dit eienaardig – ons sou dit liewer saam
met hulle in húlle huis wou geniet. Maar ons
liefste ma en pa is steeds in ons harte denke
en liefde vir alles wat mooi en oud is.


  • Lenka Claassen Bethlehem

Free download pdf