Tuis. 11

(Tuis.) #1

60 tuis November 2017


’n Plek vir
elke gier


1
Op Karien en Gerhard Basson se stoep in Midstream
Pretoria gebeur die allerlekkerste dinge: Kersetes
kinderpartytjies en laataandkuiers met wyn by kerslig waar
die wêreld se probleme opgelos word. “Ons stoep is die plek
waar ons die beste herinneringe bou!” vertel Karien.
“Ons is mal oor alles wat Suid-Afrika bied en toe ons in
2009 laat bou het was ons opdrag aan die argitek dat alles
so oop moontlik moes wees en dat binne en buite moes
saamsmelt.”
Vandag kuier die gesin en hul vriende om ’n boma-
vuurtjie vir ’n Bosveld-gevoel geniet hulle ’n glasie wyn in
die kelder vir ’n Kaapse geur en kuier hulle op die
aangrensende dek onder die prieel of knibbel aan happies
op die stoep. “Dit is wat die kuierplek interessant maak –
hier is verskeie kuieropsies” vertel Karien.
Dié slim beplanning van agt jaar gelede kon ook nie meer
prakties wees vir hul drie besige seuntjies vandag nie: die
tweeling Hein en Regardt (5) en Alexander (3). “Dié
mannetjies glo al wat ’n mens binne-in ’n huis doen is
slaap” skerts Karien.
Met die groot skuifdeure oop skakel die kombuis en
leefvertrek naatloos met die stoep en die dek langsaan
(regs). Daarom het Karien besluit om die eetkamer op die
stoep te maak. “Dis so maklik om in die kombuis te werskaf
én steeds deel te wees van die kuier buite” vertel sy.


Karien het haar dekorbykomstighede oor jare
bymekaargemaak en op allerlei interessante
klein plekkies gekoop. Ander soos die pienk
tafel en stoele was eers haar ma s’n.

Tafels en stoele
van Weylandts;
poewe van @home
Free download pdf