Tuis. 11

(Tuis.) #1

Grootte: 24 m^2


Front:
noord

Onder
die bome

#
2
Toe San-Marie en Derick Vogel die eerste keer na die huis oorkant die
Durbanville Voorbereidingskool – deesdae hul kinders Ben (8) en
Kara (7) se skool – gaan kyk het die groot bome op die ruim erf
van 1 500 m² onmiddellik hul harte gesteel.
“Ek geniet die bome nog elke dag” vertel San-Marie. “Dié kuierplek laat
my skatryk voel!”
Met die intrekslag was die swembad en leiklipvloer reeds daar ’n entjie
van die huis af maar verder nie veel van ’n kuierplek nie – net gras en ’n
kruietuin.
Toe spring Derick self in en bou die braaiplek en afdak. “Dit het
weliswaar ’n bietjie langer geneem as met kontrakteurs maar nou is dit sy
persoonlike ‘monumentale’ kuierplek!” skerts San-Marie.
“Ons stoep is ’n gemaklike spasie waar ons hele gesin vriende en hul
kinders saam kan kuier. Dit kry heerlike oggendson en in die laatsomer
lieflike koelte.”
Die Vogels gebruik hul ruim braaikaggel van 1 m hoog en 17 m wyd op
verskeie maniere – van braai en potjiekos tot ’n lam op die spit.
“Derick het ook hakies ingebou waaraan ons soms toutjie-hoender braai.
Dit werk so: Jy maak eenvoudig ’n heel hoender aan ’n toutjie vas en dan
draai hy so bo die kole tot hy gaar is – heerlik!”
Reg langs die braai is ’n oondjie ook Derick se handewerk. “Ons het die
oonddeur by ’n oom op Barrydale gekoop” sê San-Marie. “Die oondjie is
toe rondom die deur beplan. Ons het al pizza skaapboud varklende en
brood daarin gebak.”

[AFDAK MET GROENIGHEID ]
Vir die afdak is gewone houtbalke
ingespan met sinkplate bo-op. Dis
waterdig en bied genoeg skaduwee.
“Die dak was maklik om te installeer en
redelik kostedoeltreffend” vertel
San-Marie. “Ons swembad word verhit
met waterpypies wat bo-op dié dak
aangebring is. Weens al die bome was
die swembadwater maar ysig voor ons
dit begin verhit het.” Om die struktuur
te versag en groenigheid in die somer
in te bring is drie wingerdstokke
geplant wat onder die dakplate rank.

San-Marie beskryf haar dekorstyl as “gemaklik”.
Die kuierplek se kleurpalet is neutraal sodat sy dit
telkens in ’n ander kleur kan opkikker. Derick het die
tafel en bankies self gemaak; die koffietafel kom uit
ouma Tossie Derick se ma se huis.
Stoele en kussings van MRP Home;
tafeldoek van Udumo Designs
Free download pdf