Tuis. 11

(Tuis.) #1
Saamgestel deur Desiree Hartney

Wil jy weet hoe om ’n


houtvloer te restoureer


of ’n vervelige gang op


te dollie? Vra net – ons


kry die antwoorde.


Vra die


kenners


Frikkie Greeff
besturende direkteur van
Woodoc antwoord
Ongelukkig is daar nie ’n
kitsoplossing nie; die vloere
moet deeglik geskuur en
dan herseël word. Die beste
opsie is ’n industriële vloerskuurder – daar
is kontrakteurs wat stofvrye skuurwerk
doen wat minder morsig is. Maak net seker
jy huur ’n kontrakteur met ’n goeie
reputasie; vra vir verwysings en doen die
moeite om na hul vorige werk te gaan kyk.
Wanneer die vloer deeglik geskuur en
skoongemaak is (dring daarop aan dat hulle
die vloer met mineraalterpentyn skoonmaak
nadat dit geskuur is) en jy seker is dit is
goed droog kan dit geseël word. Kies een
van die volgende produkte afhangend van
die soort afwerking wat jy verkies:
1 Woodoc 25 Polyurethane Floor Sealer is
’n produk met ’n oplosmiddel as basis
(maak jou kwaste ná gebruik met terpentyn
skoon). Dit dring die hout diep binne en
bou op die oppervlak op vir ’n duursame
mat of glansafwerking. Die produk hidreer
die hout en sal dit dus effens donkerder
maak en die natuurlike kleur uitbring.
2 Woodoc Water-Borne Floor Sealer het ’n
waterbasis (maak jou kwaste ná gebruik
met water skoon); die produk sal ook die
hout binnedring en op die oppervlak opbou
maar nie die hout verkleur nie. Dis
beskikbaar in Gloss of Matt.
Albei produkte lewer ’n goeie resultaat en
gee ’n duursame afwerking solank die vloer
reg voorberei is en die produk volgens die
aanwysings op die blik aangewend word.
KONTAK 041 581 0109 woodoc.com

74 tuis November 2017


Preneshree Pillay
handelsmerkbestuurder
by Dulux stel die volgende
alternatief voor So kan jy
vloere wat voorheen geverf
of vernis was en nou in ’n
swak toestand is behandel:
1 Gebruik ’n skuurmasjien of geskikte
chemiese behandeling om enige was of
politoer te verwyder. Dis nie voldoende om
eenvoudig die houtvloer met paraffien te was
nie – enige oorblyfsels sal verhoed dat die
Woodgard Floorgard behoorlik heg.
2 Behandel die hout met ’n gepaste
stroopmiddel om enige ou vernislae te
verwyder en die rou hout te ontbloot. Was
die vloer met water om die stroopproses te
neutraliseer en laat die hout droog word.
Skuur dit dan soos gewoonlik.
3 Wend ’n laag Woodgard Floorgard aan en
gee dit 18 uur kans om droog te word.
4 Skuur liggies tot ’n gladde afwerking
verwyder enige stof en wend nog twee lae
Woodgard Floorgard aan.
KONTAK 086 033 0111 dulux.co.za

Restoureer jou vloere
Ethel Sleith van Gauteng skryf My huis is in 1906
gebou en ongelukkig is die Oregondennehoutvloere in
’n swak toestand. Ek het gehoop dat ek dit kan herstel
sonder groot skuurmasjiene en enige ongerief – om van
die koste nie te praat nie! Is daar ’n vinnige maklike
manier om die vloere sonder ’n skuurmasjien te herstel?

raad


Die

Tuis

-redaksie probeer alle vrae beantwoord maar kan nie op elkeen persoonlik reageer nie.

Tuis

behou die reg om vrae te redigeer.
Free download pdf