Tuis. 11

(Tuis.) #1

Dekordilemma


2

1

3

4

5

As jou begroting


dit toelaat ver vang


die bestaande deure


met nuwe profieldeure;


dis bekostigbaar


en sal dadelik ’n


merkbare verskil maak.


Voor
DIE PROBLEEM

Ann Barr van Kaapstad skryf My dogter het sowat twee jaar gelede huis gekoop en
intussen die hoofbadkamer geverf en opgeknap. Maar die geldjies knyp nou en die gang
wat 8 m lank en net meer as 1 m breed is is ’n ware seeroog. Links is twee slaapkamers
regs ’n badkamer en studeerkamer en die hoofslaapkamer is aan die einde van die gang.
Daar is twee soorte vloerbedekkings (teëls en gelamineerde hout) wat sy eers sal kan
vervang wanneer haar begroting dit toelaat. Kan julle asseblief help met ’n paar wenke om
die gang meer verwelkomend te laat lyk?

DIE OPLOSSING
Die stilis Margaux Tait antwoord Gange kry baie voetverkeer maar
staan gewoonlik laaste in die ry wanneer dit by ’n huis se opknap kom. Dit
behoort regtig nie afgeskeep te word nie – dit gee immers aan besoekers ’n
eerste indruk van jou huis. Omdat jou dogter nie ’n groot begroting het nie
sal stilering pleks van strukturele veranderinge die ding moet doen. Hier is
’n paar voorstelle:

1


VISUELE TREFKRAG
Begin deur die mure met kunswerke of foto’s te versier. Skep visuele ritme met
eenvormige rame en ewe veel oop ruimte tussen-in. As jy iets meer aweregs verkies
gebruik ’n verskeidenheid rame; MRP Home verkoop bekostigbare rame in alle groottes en
vorms. As ’n versameling rame jou nie aanstaan nie oorweeg ’n eenvoudige prentlys. Dis
goedkoop om te installeer en baie nuttig want buiten kunswerke kan jy ook vintage-klere of
selfs hoede met hake daaraan hang en dit so uitstal. Die moontlikhede is legio!

raad


76 tuis November 2017

Free download pdf