Tuis. 11

(Tuis.) #1

2


BELIGTING
Kies ’n ganglig wat by jou huis se styl pas. As jy ’n paar rand wil
bespaar gaan snuffel rond by naweekmarkte tweedehands-
winkels of selfs garage-uitverkopings waar jy maklik ’n winskoop sal
raakloop. Kyk uit vir ligte met ’n retro-ontwerp; dis tydloos en nou hoog
in die mode. Jy sal nie glo watter verskil ’n nuwe lamp sal maak nie; dis
soos nuwe handvatsels wat ’n ou meubelstuk oombliklik nuut laat lyk!

3


FOKUS
Omskep die muur met die hoofslaapkamer se deur aan die einde
van die gang in ’n fokuspunt met ’n laag verf in ’n ander
skakering of kleur. Gebruik die ruimte bo die deur kreatief: ’n Ou
reklamebord kan ’n speelse element verskaf; of as jy ’n meer natuurlike
gevoel wil skep is ’n stuk dryfhout nommerpas. Dit moet die oog tref en
persoonlikheid hê.

4


MONTEER MUURPANELE
Vir ’n titsel elegansie kan jy ook die onderste helfte van die mure
beklee. Hou dit eenvoudig en maak seker die panele is almal
ewe hoog. Oorweeg Nutec-borde met ’n tong-en-groef-afwerking (jy heg
dit aan die muur met houtstroke) regte tong-en-groef-denneplanke
(dis duurder) of die groot verskeidenheid polistireen-panele van
DAS Products (gaan kyk by jou plaaslike ysterwarewinkel; selfs hul
plafonpanele sal goed werk teen die muur). Verf die panele in ’n effens
donkerder skakering as die mure – jy sal dadelik die verskil sien. Jy kan
steeds ’n galerymuur bo die panele skep.

5


DIE VLOER
Versag die twee vloerbedekkings met ’n lopermat tot tyd en wyl
die nuwe vloer geïnstalleer kan word. Omdat die gang so lank is
sal jy waarskynlik twee matte nodig hê – gebruik identiese matte vir
eenvormigheid.

KONTAK mylifestyled.co.za VERSKAFFERS H&M Home 0860 690 707 hm.com/za
MRP Home 0800 212 535 mrphome.com
POCO 021 841 1500 poco.co.za >>

Hanglig
R499
POCO

Metaal-fotoraam
(125 x 16 cm)
R149 H&M Home

Goiing-en-denimmat (70 x 140 cm)
R29999 MRP Home

A4-afdruk R180 sugarandvice.co.za

STEEL MET DIE OOG!

ALCOLIN PROMOSIE


Besoek http://www.alcolin.com vir produkinligting of skakel die Sticky Questions-hulplyn tolvry by 0800 222 400 vir raad.


Kry ons op

Naweekprojek


Wat jy nodig het


  • 20 mm- gelamineerde dennehout:
    een 600 mm x 500 mm (rugkant)
    twee 500 mm x 100 mm (kante)
    twee 560 mm x 100 mm (rakke)
    een 190 mm x 100 mm en
    een 270 x 100 mm (verdelers)

  • 10 mm x 44 mm- geskaafde
    dennehout:
    drie 600 mm en
    een 250 mm (keerplanke)

  • 6 mm x 40 mm-
    spaanderbordskroewe

  • 40 mm-paneelspykers

  • Alcolin Professional Wood Glue

  • skroewedraaier • hamer


1 Gebruik Alcolin Professional Wood Glue en lym en skroef die onderste rak tussen die kante vas. Heg die
190 mm-verdeler in posisie. Lym en skroef nou die 270 mm-verdeler aan die middelste rak vas. Lym en
skroef die rak en sy verdeler tussen die twee kante en aan die onderste verdeler vas. 2 Sit die drie lang
keerplanke asook die kort keerplank vas met die houtgom en paneelspykers. Ter afronding Draai die rak om
en heg die rugkant vas. Vul die skroefgate met Alcolin Woodfiller laat dit goed droog word en skuur glad.

1 2

Maak ’n rak vir raakvat-
kombuisgoed.

500 mm x 100 mm

600

mm x 500

mm

560 mm x 100

mm

190 mm

270 mm

330 mm
300 mm
Free download pdf