Tuis. 11

(Tuis.) #1

Kortliks


V: Watter soort verf of
spuitverf is gebruik op die
spieël op bladsy 24 van die
Augustus 2017-uitgawe?


  • Adinie Grové Upington
    A: Die huiseienaar sê dit was
    ’n doodgewone blikkie goue
    spuitverf van haar plaaslike
    ysterwarewinkel. Probeer
    Rust-Oleum Specialty Metallic
    Spray of Spraymate Metallic.


V: Waarmee is die vloer op
bladsy 26 van die April
2017-uitgawe behandel?


  • Stacey Rossouw Oos-Londen
    A: Dis afgewerk met Tread
    Pigmented Floorcote in die kleur
    Crushed Stone; jy sal dit by
    Paintsmiths of Midas kry. >>


V: Waar kan ek pote soos
dié van die buffetkas op
bladsy 72 in Augustus
2017 se Tuis kry?


  • Tania van der Merwe
    via Facebook
    A: DIY Deon sê: Die pote
    kom van ’n ou bedraam.
    Gaan kyk by Gelmar
    (gelmar.co.za) of snuffel
    rond by tweedehands-
    winkels.


V: Ek wil graag egte houtvloere in my
huis laat lê maar al wat ek kry is
saamgestelde hout (“engineered
wood”). Weet julle dalk van ’n
verskaffer naby my?


  • Jeanne-Marie Wagener Stellenbosch
    A: Probeer CD Contracting in Somerset-
    Wes (021 851 1347) of Floormaster in
    Stellenbosch (021 887 6707
    floormasterstellenbosch.co.za).
    Hulle doen ook die installering.


78 tuis November 2017

Free download pdf