Tuis. 11

(Tuis.) #1

8 tuis November 2017


OP DIE KASSIE

Saamgestel deur Suné Esterhuizen
Stuur dagboeknuus minstens drie maande
vooruit na [email protected].

November-flitse
31 Oktober–5 November: KAMERS/Makers
by die Anura-landgoed in Stellenbosch se
wynland bied ’n verskeidenheid gehalte-
produkte deur plaaslike kreatiewe geeste.
Sien kamersvol.com.

dagboek


Op Mad about the House (seisoen 1 begin
20 November op The Home Channel kanaal 176
op DStv) kry paartjies ’n beperkte begroting om
drie vertrekke in hul huis op te knap. Terwyl die
man die ontwerpbesluite neem en opknap skep
die vrou haar droomvertrek in ’n replika van die
ruimte. Wanneer albei onthul word is dit dikwels
opvallend hoe eenders hul handewerk lyk.

31 Oktober–3 November: Markgoed by
Forest 44 (La Pineta) op die R44 tussen
Somerset-Wes en Stellenbosch se tema
vanjaar is “Groen”. Dis elke dag oop van 10:
tot 18:00 behalwe Vrydag tot 16:00; toegang
kos R25. Met somermodes en -dekor allerlei
vintage-vondste juwele Kersversierings
leerprodukte babaklere skoene en ’n
gesellige teetuin is daar iets vir almal. Sien
facebook.com/Markgoed of bel Sonette
Barnard by 082 774 1077 of Jean den Heijer
by 072 376 4935.

31 Oktober–3 November: Die Delmas-
Kersmark by die Hervormde Kerksaal Sarel
Cillierstraat Delmas het mandjies vol
mooigoed vir elke sak en smaak. Toegang is
gratis en veilige parkeerplek volop. Daar’s ook
’n teetuin met heerlike koffie en bederfkos.
Bring jou inkopiesak en kom geniet eg
plattelandse gasvryheid van 09:00 tot 19:00.
Vir nog inligting soek “Delmas Kersmark” op
Facebook of bel Ria 082 928 4317 of Jetske
072 746 8713.

22 November–2 Desember: Geniet die
feestyd saam met familie en vriende by die
Melkbos-Feesmark. Lekkernye tuisgebak en
handgemaakte geskenke sal op weeksdae
tussen 10:00 en 20:00 en Saterdae tussen
10:00 en 16:00 by die NG Kerk Melkbosstrand
te koop wees. Skakel 021 553 2753.

24–26 November: Die Parkview Charity-
Kersmark bied ’n feestelike atmosfeer vir ’n
ieder en ’n elk met heerlike kos en lewende
vermaak onder Kersliggies in George Hay-
park. Besoekers kan uitsien na meer as
80 stalletjies met handgemaakte versierings
plaaslike kos en meer. Besoek nicarela.org/
christmas-market vir nog inligting.

28 November–2 Desember: Die Kuier-Kuier-
Kersmark vier vanjaar sy 9de bestaansjaar.
Uitgesoekte produkte van uitstallers landwyd
is beskikbaar by Bridgestraat 1 Monument-
hoogte Kimberley. Besoekers kan ook in die
gesellige teetuin kuier. Skakel 053 833 1265 of
kry hulle op Facebook.

Cintron Pink Polo
4 November: Val de Vie-landgoed Paarl
Die agtste jaarlikse Cintron Pink Polo ter
ondersteuning van borskankerbewustheid
-behandeling en -navorsing gaan gaste
vermaak met ’n polowedstryd van
wêreldgehalte ’n glansryke modevertoning
en ’n uitstalling van luukse motors. Kaartjies
by Computicket kos R100 vir die Food Truck
Fair en R650 vir die Pavilion; die opbrengs
gaan aan die St Stephen Oncology Centre &
Sub-Acute Hospital in die Paarl. Besoek
valdevie.co.za vir besonderhede.

Dis tyd vir Kersinkopies!


3–4: Kry ’n smakie van die Beierse lewe
by die Bierfest in Kaapstad. Stuur e-pos na
[email protected] of skakel 021 824 3132
vir inligting.
4: Besoek Winterton se Innistraat-fees (in
Springfieldstraat) vir kuns handgemaakte
goedere en musiek. Skakel 082 548 9910.
5: Vind meer uit oor al die
opsies vir ’n groen leefstyl
by die Green Faire in
Houtbaai. Kry nog inligting
by greenfaire.org.za.
8–10: Besoek die jaarlikse
Whisky Live Festival in
Sandton vir whiskies uit
streke wat bekend is vir dié
goue drankie. Kry kaartjies
vanaf R160 by ticketpros.co.za.
9: Kom proe vanjaar se Veritas-wenners
in Durban. Koop kaartjies vir die wyn-
brandewyn- en Qualité-kaasproeë teen
R110 by Computicket. Skakel 021 863 1599
of e-pos [email protected].
13: Desember se Tuis op die rakke!
16–18: Die Kersiefees
op Ficksburg het ’n
verskeidenheid
aktiwiteite vir die hele
gesin – van kersietoere
tot kompetisies proeë en
lewende vermaak. Sien
cherryfestival.co.za.
17–19: Stap deur die
pragtige dorp Greyton tydens die Greyton
Artwalk en besigtig die skeppings van
plaaslike en internasionale kunstenaars.
Stuur e-pos na [email protected]
om meer uit te vind.
24–26: By die River Republic-fees buite
Swellendam kan jy luister na jou gunsteling-
musikante platejoggies en orkeste. Sien
meer en koop kaartjies (vanaf R510) by
riverrepublic.co.za.

Delmas-Kersmark
Free download pdf