Tuis. 11

(Tuis.) #1

80 tuis November 2017


Vra


vir JJ


Ougoed of


hougoed


Te veel skade Raad vir ’n sonnige kol
Fanny Joubert van Ballito skryf Kan julle dalk sê hoeveel dié
skildery min of meer werd is? Die raam is taamlik beskadig en
daar is ’n skeurtjie in die doek.
Kayleen Wrigley van Stephan Welz & Co.
antwoord Dié skildery kom waarskynlik uit die
1930’s. Dit was in hierdie tydperk dat Romanelli
heelwat skilderye vir die uitvoermark gemaak het
meestal van Italiaanse landskappe en portrette.
Ongelukkig kort dié werk heelwat herstelwerk
wat die waarde verlaag. In ’n goeie toestand
kan dit tot R8 000 haal.

OUDERDOM 1930’s
WAARDE R2 000

’n Lieflike landskap
Kathy Linden van Benoni skryf Ek wil graag meer
weet oor dié skildery; het dit enige waarde?
Kayleen antwoord Dié werk deur Piet van Emmenis lyk of dit
die grasbedekte voetheuwels van die Overberg uitbeeld met ’n
pragtige berglandskap in die agtergrond. Van Emmenis was
oorwegend ’n
landskapskilder wat
inspirasie geput het uit
die verskeidenheid
landskappe wat Suid-
Afrika bied. Op ’n veiling
verwag ons dat so ’n werk
R3 000 tot R5 000 sal
haal maar sy werk het al
in die verlede vir tot
R10 000 verkoop.

OUDERDOM 1940’s
WAARDE R3 000–R5 000

KONTAK
stephanwelzandco.co.za

Red my rose
Emmarencia Diederiks skryf My tuinier het die grond in
my tuin omgespit en met kompos verryk maar ek vermoed
hy het in die proses my rose se wortelstelsel beskadig want
dit lyk of hulle gevrek het. Haal ek die hele lot uit en plant
laventel in hulle plek of moet ek wag en kyk wat gebeur?
Daar is vier ‘Iceberg’-rose wat nog mooi lyk. Ons woon in ’n
somerreënstreek en kry
ryp in die wintermaande.
JJ antwoord
Jy is reg rose hou net
mooi niks daarvan dat
daar met hul wortels
gepeuter word nie. Gee
eers kans en kyk wat blom
sodat jy kan bepaal hoe
erg hulle seergekry het.
Laventel sal pragtig lyk
maar moet elke paar jaar
vervang word.

Judy Conradie van Sedgefield skryf Ek is besig om tuin te
maak op Sedgefield en kort raad vir ’n bedding rondom die
fontein. Dit blyk dat die somerson net te warm is vir die irisse
en varkore wat ek hier geplant het; ek sal hulle moet skuif.
Wat ek graag in dié hoekie van die tuin wil hê is laag-
groeiende plante (sowat 30–40 cm) met wit blomme. By die
kwekery het ek Cupheas in sakke gesien maar hulle het nie
gelukkig gelyk nie en ek twyfel of hulle in my tuin sal oorleef.
JJ antwoord Cupheas is ’n goeie keuse; hulle hou net nie
daarvan om in sakke te staan nie. Plant hulle uit of oorweeg
Lobularias Euphorbia ‘Diamond Frost’ Convolvulus cneorum
of laer groeiende shastamadeliefies.

E-pos [email protected] E-pos [email protected]


KONTAK JJ van Rensburg is ’n tuinboukundige by Garden
World in Johannesburg; besoek gardenworld.co.za. >>

Luister Saterdae om 07:40 saam na JJ se Groen
Vingers-tuingeselsies met Derrich Gardner in sy
program Brekfis met Derrich op RSG.
Free download pdf