Tuis. 11

(Tuis.) #1

PETLEY’S PROMOSIE #meatymeals4all


W


anneer jy ’n gesinsete berei is
geur en voedsaamheid die
belangrikste oorwegings. Nie net
vir die mense in die huis nie maar ook vir
jou dierekinders – hulle verdien mos kos
wat met gehalte bestanddele berei is. Is jy
bang dit ruk jou sak en vra baie moeite?
Glad nie. Petley’s Gourmet Pet Food is
geïnspireer deur jou troetel dier se
natuurlike dieet en die resepte is saam
met troeteldier-dieetkundiges ontwikkel.
Ons het twee van ons gunsteling-sjefs
en groot diereliefhebbers Vanessa Marx
en James Diack gevra om ’n hartlike
maaltyd te skep wat die hele gesin kan
geniet – maar voor jy weglê maak ’n blik
Petley’s vir die honde oop.

Smulkos vir almal!


Vanessa Marx is ’n bekroonde
sjef wat by die toon­
aangewende Institute of
Culinary Arts (ICA) in
Stellenbosch opgelei is; sy het
haar vakleerlingskap onder die
MasterChef SA-beoordelaar
Pete Goffe-Wood voltooi.
Vanessa is passievol oor plaaslike produkte asook
om kos te maak volgens die seisoene. Sy het Elli
’n driejarige Franse bulhond aangeneem toe dié
van die teler weggeneem moes word omdat die
ander honde daar haar aangeval het.

Elli die Franse
bulhond eet

Petley’s
Terrine ryk
aan seevis

Almal hou van ’n smaaklike aandete – en ons vierpootvriende verdien


ook so ’n bederf.


V16026

Die gesin eet
Klapper-vis in
Thaise styl
met babagroente
Genoeg vir 4 mense

BESTANDDELE


  • 600 g stokvisfilette

  • 100 g baba-pak choi in die lengte
    gehalveer

  • 100 g suikerertjies

  • 100 g babamielies in die lengte
    gehalveer

  • 100 g langsteelbroccoli

  • 15 ml fyngekapte knoffel

  • 15 ml fyngekapte gemmer

  • 1 groot rissie (mediumsterkte)
    dungesny

  • 1 blik klapperroom

  • 1 blik klappermelk

  • 30 ml vissous

  • 2 lemmetjies

  • 500 g gaar bruin
    basmatirys

  • 10 g vars koljander

  • 50 g sprietuie


RESEP # 1


VANESSA EN ELLI


METODE
1 Sit die stokvis in ’n groot pan van
minstens 5 cm diep. Druk die pak choi met
die bolkant eerste onder die vis in sodat die
blare langs die kant uitsteek.
2 Pak die suikerertjies babamielies en
broccoli rondom die vis en strooi die knoffel
gemmer en rissie bo-oor.
3 Giet die klapperroom en -melk in die pan.
Geur met die vissous.
4 Sit die pan se deksel op en kook oor lae
hitte vir sowat 15 minute of tot die vis ferm
wit en deurgaar is. Verwyder van die hitte.
5 Sny die lemmetjies middeldeur en druk
die sap oor die vis uit.
6 Sit warm voor met die basmatirys en
garneer met die vars koljander en sprietuie.
Free download pdf