Tuis. 11

(Tuis.) #1
TROTS SUID-AFRIKAANS!
Petley’s is die snels groeiende
troeteldierkos-handelsmerk in Suid-
Afrika. Kry dit by voorste winkels (Pick n
Pay Spar Checkers en Makro asook by
takealot.com).

Volg Petley’s op Facebook Instagram of
Twitter by @PetleysZA of sien
promeal.co.za

V25019

RESEP # 2


JAMES EN ROXY
James Diack wat ook aan die ICA in Stellenbosch
gestudeer het is chef-patron by drie van
Johannesburg se top-bistro’s: Coobs The
National en The Federal. Sy kulinêre pad is
geïnspireer deur reis – veral ’n pelgrimstog deur
Spanje – en hy is deesdae passievol oor die
smaaklike seisoenale bestanddele wat sy
familieplaas Brightside naby Magaliesburg aan
sy restaurante verskaf. James is ewe toegewyd
tot topgehalte-kos en sy begeerte om die swak
reputasie van veghonde te herstel. Hy spog
graag met sy speelse liefdevolle aanneem-
veghond Roxy.

Die gesin eet


Coq Au Vin


in ’n dik tamatiesous
Genoeg vir 6 mense


BESTANDDELE
Vir die coq au vin



  • 30 ml olyfolie

  • 200 g wildevark-spek gekap of
    in repe gesny

  • 10 baba-salotte

  • 1 rooi ui

  • 6 hoenderdye-en-boudjies

  • 6 hoenderborsies

  • 45 ml sjerrie

  • 4 knoffelhuisies grofgekap

  • 600 ml witwyn

  • 15 ml tamatiepasta

  • 200 ml hoenderaftreksel

  • 6 lourierblare

  • 2 takkies tiemie

  • 2 takkies roosmaryn

  • 200 g broccoli

  • 200 g oestersampioene

  • 3 sprietuie gekap
    Vir die kapokaartappel • 6 aartappels
    geskil en in blokkies gesny • 100 ml room

  • 15 ml truffelpasta • sout en peper
    Vir die verdikker • 30 ml gewone meel

  • 15 ml olyfolie • 5 ml botter


METODE
1 Verhit die olie in ’n groot swaarboom­
kastrol en braai die spek tot lekker bros.
Haal die gaar spek uit die pan en braai die
salotte en ui tot goudbruin. Haal uit en hou
dit eenkant saam met die spek.
2 Bestuif die hoenderdye­en­boudjies met
meel wat met sout en peper gegeur is en
braai dit dan vir sowat 6–7 minute in die
olie tot goudbruin; draai gereeld om. Haal
uit die pan en hou eenkant. Verlaag die
hitte effens en kook die sjerrie en knoffel in
dieselfde pan tot die meeste van die alkohol
verdamp het.
3 Sit die hoenderporsies terug in die pan.
Giet die wyn versigtig daarby terwyl jy
deurentyd roer. Roer dan die tamatiepasta
en aftreksel by en laat prut. Voeg die
lourierblare tiemie en roosmaryn by. Skep
die gebraaide spek salotte en ui terug in
die pan voeg die hoenderborsies by en sit
die deksel op. Verlaag die hitte en laat prut
liggies vir 1 uur.
4 Verhit intussen ’n pot water en geur dit
met sout. Hou ook koue water en ys gereed
in ’n aparte bak. Wag tot die water kook en
blansjeer die broccoli vir sowat 40 sekondes.
Sit dit dan dadelik in die yswater om die
kookproses te stop en die kleur te behou.
5 Maak die kapokaartappel Plaas die
aartappels in ’n pot kokende water ek kook
tot sag. Skep die aartappels uit druk dit fyn
en voer deur ’n dromsif. Keer die aartappel
uit in ’n pan met die room en meng goed tot
glad. Voeg die truffelpasta by en geur. Hou
eenkant tot jy gereed is om voor te sit.

6 Geur die broccoli en sampioene met
sout peper en olyfolie en braai dit dan
liggies bruin onder die roosterelement
of in ’n pan.
7 Haal die hoenderporsies uit die
kookvloeistof sodra dit gaar is en pak dit
op ’n dienbord.
8 Verdik die sous Meng al die
bestanddele vir die verdikker in ’n klein
bak. Bring die kookvloeistof tot kookpunt
en voeg die verdikker stadig by; klits
deurentyd tot die mengsel verdik.
9 Haal die hoenderborsies
uit en trek dit uitmekaar met
’n vurk. Voeg van die
kookvloeistof asook die
sprietuie by die gerafelde
hoendervleis en hou dit
warm tot jy gereed is om
voor te sit.

Met tot 40% regte vleis in elke blik is
Petley’s laag in koolhidrate en ryk aan
proteïen. Dit bevat geen kunsmatige geur- of
kleurmiddels nie en elke blik word stadig
gekook sodat alle goeie olies geure en
voedingstowwe behou word.

Roxy die veghond eet


Petley’s ryk aan
sappige hoender
met groente en rys
Free download pdf