Tuis. 11

(Tuis.) #1

’n Prieel en boë
met rose gee ’n
romantiese gevoel
aan Justine se
formele roostuin.


November 2017 tuis 91


Vir Justine Siebrits moet dit mooi wees as sy


by ’n venster uitkyk of by ’n deur uitloop.
So is dit dan ook op haar en haar man Andries se plaas Keerweder. Die twee
plaashuise is omring met mooi tuine en het ’n uitsig op ’n pragtige pruimboord so
te sê reg langs die tuin.
Dié familieplaas is een van die oudstes in die Franschhoek-vallei. Die plaas lê in die
boonste hoek van die vallei vandaar die naam Keerweder wat “omdraai” beteken.
Andries en Justine woon sedert 1993 hier; Andries boer en Justine maak tuin. Hul
kinders Francois Carina van der Linde en Justus is al groot en uit die huis.
“Ek is baie lief vir ’n mooi tuin. Van die plante in die ouer deel groei al hier van voor
my skoonouers se tyd” vertel sy. “Hier is ou kamelias magnolias ’n lieflike prag-van-
Indië (Lagerstroemia indica) en ons is geseën met reuse-akkerbome van oor die 200 jaar
oud. Ons praat sommer van die ou tuin – die een om die oorspronklike plaashuis wat uit
1830 dateer – en die nuwe tuin – die deel rondom ons huis wat in 1994 gebou is. Albei
huise is in die Kaaps-Hollandse boustyl.”
In die ou tuin is die uitleg formeel met wit muurtjies baksteenpaadjies en ’n roostuin.
In die nuwer deel rondom Justine en Andries se huis is die tuin meer informeel met
natuurlike beplanting gemengde blombeddings en interessante visdamme.
“Ek het destyds hulp gekry met die aanvanklike beplanning van die nuwe deel. Van
daar het ons weggespring en die tuin ontwikkel tot wat dit vandag is. Soos seker met alle
tuine is daar gedurig verandering. Ons het dit al heelwat vergroot en baie nuwe bome
geplant” verduidelik sy. “Die grasperke was eers heelwat groter met beddings rondom;
maar namate die bome gegroei het het die gras daaronder begin doodgaan as gevolg
van te min son. Die gras is uitgehaal en nou is daar skadutuine met onder meer
krismisrose boslelies boomvarings en geraamteplante.” >>

‘Crépuscule’

Free download pdf