Tuis. 11

(Tuis.) #1
Moerastuin
Wanneer Justine ’n bedding beplan het sy ’n goeie idee van wat
sy wil doen maar sy maak nie akkurate sketse van die beoogde
resultaat of lysies van presies hoeveel plante sy nodig het nie. By
die kwekery koop sy wat sy dink sy gaan gebruik. Tuis word dit
uitgepak en dan skuif Justine haar aankope rond tot sy tevrede is
met die uitleg. Sy stap ook gereeld saam met haar kinders deur
die tuin en hulle gee baie gou vir haar raad oor hoe sy ’n bedding
moet verander en wat sy waar moet plant.
Hoewel dele van die tuin wonderlike leemgrond het is daar ook
gedeeltes met potklei wat sopnat bly. Maar Justine het ’n plan
bedink. Sy het ’n “moerastuin” met ’n visdam gemaak – hier groei
onder meer waterliewende Louisiana-irisse geraamteplante
(Monstera deliciosa) en Cordylines. Met verloop van tyd het sy ook
tot teen die plaasdam se wal wat aan die tuin grens begin
tuinmaak. Sy hou die struike hier laag en rond gesnoei sodat ’n
mens die pragtige uitsig op die tuin en die pruimboord wat vroeg
in die lente oortrek is met bloeisels van die damwal af kan geniet.
Vir Justine is haar tuin terapeuties. “Albei kante van die familie
is lief vir plante en blomme. My man het self ’n wonderlike hand
met ’n plant; hy kweek ’n groot verskeidenheid Cymbidium-
orgideë amarillisse aalwyne en boslelies. Hy het ook al massas
aronskelke geplant maar ongelukkig smul die ystervarke daaraan.
Ek is regtig ’n gelukkige vrou. Wat meer wil jy hê met so ’n tuin en
’n man wat gereeld arms vol blomme huis toe bring?” >>

‘Iceberg’-rose en
agapante blom
oorvloedig in die
lente en somer in
die tuin met sy
fontein reg voor die
nuwe plaashuis.


’n Houtbruggie
vorm deel van ’n
paadjie wat deur die
skadutuin kronkel.

Vroeglente is die
pruimboord oortrek
met bloeisels. Dit
vorm ’n prentjie-
mooi agtergrond vir
Justine se tuin.
Free download pdf