Tuis. 07

(Tuis.) #1
By The New Modernist Buitengracht 142 Kaapstad kry jy pragtig gerestoureerde
Modernistiese meubels – almal versamelstukke uitgesoek deur Emma de Crespigny. Emma
was lank in New York gebaseer en ná haar trek Kaap toe het sy destyds C20 Galerie in
Woodstock begin waar sy steeds gehaltemeubels uit die middel van die vorige eeu verkoop.
Besoek thenewmodernist.com of maak ’n draai by dié winkel as jy unieke stukke soek.

Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na [email protected].

wat’s


nuut


Saamgestel deur Kim Arendse

Gee jou huis
landelike sjarme
met dié viniel-
teëlplakkers
in Delft-styl
(R85 per vel van
30 x 30 cm) van
Heidi J Design.
Besoek facebook.
com/heidijdesign.

WARM KOPIES

Die aanlynwinkel


parklanedecor.co.za se reeks


sagtestaal-plafonpanele word nou


al hoe gewilder vir ’n splinternuwe


doel: spatpanele! Met ’n lagie


deursigtige lakvernis kan jy dié


panele (vanaf R489; 1 220 x


610 mm) in jou kombuis inspan


vir ’n tikkie industriële styl.


Kyk net dié lieflike bekostigbare nuwe lapreeks van
Love Milo! Dit spog met motiewe van voëls
naaldekokers strepe en driehoeke wat met
ekovriendelike ink op 100%-katoendoek gedruk word
(R400/m; 15m breed). Koop by lovemilo.com.

WINKELS TOE!

UIT LAPLAND
Free download pdf