Tuis. 07

(Tuis.) #1
1 Geen onderbreking nie
Lelike kragboks in die kombuis? Ons het dié vernuftige plan in
Frank en Gerda Halewijn van Middelburg se huis gesien. Hulle het
die deurtjie van hul kragboks met dieselfde plakpapier as die
fokusmuur daaragter bedek sodat die boks wegsmelt en nie meer
afbreuk doen aan hul kombuisdekor nie. Die oulike speseryrakkie
met lepelhandvatsels daaronder het hulle ’n paar jaar gelede by
Eau-La-La se stalletjie by Kamers/Makers raakgekoop.

2 Kry jou lê
Ons het dié knus hondebed gemaak van ’n ou manstrui ’n ou strooi-
kussing watteersel en oorskietwol. Ons het begin deur die nek met
die oorskietwol toe te werk. Daarna het ons ’n rol watteersel in elke
mou gesit en nog ’n rol in die ruimte tussen die “skouers”. Die “lyf”
van die trui is gestop met ’n ou platgesitte strooikussing. Die onder-
ste derde van die trui is omgevou en agter vasgewerk. Laastens is
die moue aan die trui se lyf vasgewerk om die sirkel te voltooi.

3 Handjies klap koekies bak
Rebecca Valentyn van Bellville se ma Belinda en oupa Malcolm
Neilson het vir haar ’n ou TV-kas in ’n speelkombuis op wiele
omskep. Hulle het die onnodige rakke uitgehaal die hele eenheid
met ’n goeie onderlaag geverf en toe dié oulike bykomstighede
aangebring: “yskasdeure” van dun staalplaat waarteen Rebecca
haar kunswerke met magnete kan vassit’n regte kraan en wasbak
met ’n werkende drein (daar’s ’n opvangbak onder) en ’n “oond”
met ’n perspeksdeur raak-liggies en rakkies wat so realisties lyk dat
dit eindelose plesier verskaf!

Voor^3


1 2


14 tuis Julie 2017


Mat van MRP Home; speelgoedbeen van Checkers
Free download pdf