Tuis. 07

(Tuis.) #1

Kyk op!
Ons is mal oor die swart letters teen die plafon
in die restaurant Steam op Stellenbosch. Jy
kan dieselfde speelse effek tuis kry. Kies
verskillende lettertipes en -groottes en volg
een van dié metodes:
VINIELPLAKKERS Koop viniel in die kleur
van jou keuse by ’n plastiekverskaffer soos
Maizey en laat sny die letters uit by ’n firma
wat lasersnywerk doen (Cape Craft Services
Dewaalart of mywalltattoos.com).
DEURSLAGPAPIER Druk die letters uit op
papier; plak die papier met maskeerband oor
’n vel deurslagpapier teen die plafon en trek
die buitelyne af met ’n pen. Kleur die letters
dan versigtig in met ’n kunstenaarskwas.
STENSIL Trek die letters af op Priplak
(beskikbaar by handwerkwinkels soos The
Deckle Edge) en sny dit versigtig uit met ’n
handwerkmes. Spuit die stensil met nie-
permanente aanspuitgom plak dit teen die
plafon en verf met ’n klein sponsroller oor die
stensil voor jy dit verwyder.


vars idees


VERSKAFFERS
Annie Sloan
anniesloansa.co.za
Cape Craft Services
021 981 4007
Checkers 0800 01 07 09
checkers.co.za
Dewaalart 021 790 9120
dewaalart.com
Kamers kamersvol.com
Maizey 086 1100 420
maizey.co.za
MRP Home 0800 212 535
mrphome.com
Steam Restaurant
021 886 4842
The Deckle Edge
021 180 4442
deckleedge.co.za
The Painting Shed
082 621 4257
thepaintingshed.co.za
Free download pdf