Tuis. 07

(Tuis.) #1
Die ronde eetkamertafel is
’n antieke vonds. Katia sê
die swart kaggelrak met goue
detail het háár jare gelede op
’n veiling “uitgekies”. Sy het
die houtpanele teen die muur
ligblou geverf (Plascon se
Bottlenose Dolphin) vir ’n tikkie
Franse flair.
Erdebeker en -bakkie
van Le Creuset

Net ‘n leksel verf!


Katia en Chad het glad nie van die oorspronklike
beige keramiekteëls in die kombuis en eetarea
gehou nie maar ook nie kans gesien vir uitkap
nie – toe verf hulle dit in ’n romantiese grys-en-wit
blokkiespatroon.
Hulle het die poliuretaanverf vir die grys teëls by
Builders laat meng en wit verf vir die ander gebruik.
Eers het hulle die teëls met suikerseep geskrop en
voorberei met ’n teël-onderlaag (probeer Plascon
Tile & Melamine Primer). Toe het hulle die rand van
elke liewe teël in die vertrek met ’n
kwassie geverf en daarna ingevul
met ’n sponsroller. Net een laag was
nodig. As jy dit ook wil probeer kies
Plascon Velvaglo in die kleur van jou
keuse en rond dit af met een of twee
lae Plascon Glatex 8 Enamel.

20 tuis Julie 2017


leserhuis

Free download pdf