Tuis. 07

(Tuis.) #1

raad


Saamgestel deur Kim Arendse

Stuur jou vrae na [email protected].

Wonder jy hoe om jou oopplan-leefarea netjies in te rig of wil jy weet


watter plante is waterwys? Vra net – ons kry die antwoorde.


Vra die kenners


Die Tuis-redaksie probeer alle vrae beantwoord maar kan nie op elkeen persoonlik reageer nie. Tuis behou die reg om vrae te redigeer.

DIE OPLOSSING

Dekordilemma


DIE UITDAGING

Teresa Tiedje vra op Facebook Ons het ’n paar maande
gelede by ons huis ingetrek en het hulp nodig met ons
oopplan-sit-en-eetkamer. Dis ’n klein ruimte wat altyd
deurmekaar lyk. En omdat dit die deurloop van die voordeur
af is kan ons nie ons meubels teen die muur skuif om
ekstra ruimte te skep nie. Ons het nog nie meubels gekoop
nie so ons gebruik nog ou stoele en ’n stel patiomeubels.
Ons wil die vertrek graag verf en hou van skakerings van
bruin en die voorkoms van natuurlike klip. Enige raad?

Die stilis en fotograaf Margaux
Tait van mylifestyled.co.za het die
volgende raad Ons almal sukkel van
tyd tot tyd met ’n ruimte wat nie werk
nie. Die grootste fout wat mense
maak is om meubels in te bring wat
te groot is vir die vertrek of te veel
meubels wat die vloei van die vertrek
belemmer. k het n paar staatmaker-planne wat enige
ruimte in ’n japtrap sal omtower ...
1 DIE PALET Kies warm neutrale kleure soos Salisbury
Stones 5 of Natural Hessian van Dulux. ’n Liggrys soos
Dusted Moss 3 sal ook wonderlik lyk hier. Verf al die
mure vir eenvormigheid tussen die twee areas; dit sal die
ruimte visueel bymekaarbring en dit ’n aanloklike oop
gevoel gee. As jy wil kan jy ’n spatsel kleur (probeer
kobaltblou) of ’n koper-element inbring; albei sal mooi
pas by daardie verfkleure.
’n Ligte kleurpalet werk die beste as jy dit kombineer
met teksture wat diepte en visuele trefkrag skep; hou dit
in gedagte wanneer jy inkopies doen. Probeer hoëglans-
verf op sekere meubelstukke om lig deur die ruimte te
kaats en die oog te tref.
2 MEUBELSHet jy geweet dat jou ruimte groter kan lyk
juisdeur jou meubels van die muur weg te skuif? Selfs
net ’n paar sentimeter sal ’n verskil maak. Hou ook in
gedagte dat hout kleur toevoeg. Wanneer jy te veel
verskillende soorte saam gebruik kan jou ruimte
deurmekaar lyk. Verf eerder ’n paar items of hou by
hoogstens twee soorte hout; ek stel ligte houtsoorte voor
omdat dié ruimte so knap is.
Oorweeg ’n kleiner L-vormige bank voor die kaggel en
ottomans vir ekstra sitplek pleks van ’n verskeidenheid
stoele en rusbanke. Jy kan ook bankies aan die
eetkamertafel se lang sye gebruik met ’n stoel by elke kort
sy; so kan jy die ruimte ten beste benut.
Groot kleurvolle matte in albei areas sal die ruimte
ophelder; dit moet groot genoeg wees om onder ’n
meubelgroepering te pas sodat dit die area anker.

Voor

Free download pdf