Tuis. 08

(Tuis.) #1
Die eetkamertafel het jare lank op
die agterstoep gestaan – totdat Carla
dit met goue spuitverf bygedam het
en die marmerblad bygevoeg het. Die
statige hanglamp was hier toe hulle
die huis gekoop het.
Mat van Weylandts

leserhuis


Dit was dié einste kop vol prentjies wat gemaak het dat sy en haar man
Braam met hul terugkeer uit Kanada in 2011 na meer as 100 huise
gaan kyk het. Braam ’n dokter wat tussen Kanada en Kaapstad pendel
en Carla ’n voormalige fiksheidsinstrukteur wat ’n informele vintage-
klerewinkel Hoity Toity van die huis af bedryf het dadelik geweet die wit
huis met sy groot voorstoep is die een vir hulle. Hul dogter Jana is ’n
eerstejaarstudent op Maties.
“Vir Braam was dit die stoep en die kaggel wat die koop beklink
het; ek het weer my hart verloor op die gerieflike vloei tussen die
kompakte leefvertrekke” vertel Carla.
Maar die grootste pluspunt was dat daar nie groot
opknapwerk binne nodig was nie. Nadat ’n muur tussen die
TV-kamer en die kombuis uitgebreek is en die gaskaggel
vervang is met ’n houtkaggel wat aan twee kante oop is was


die huis nommerpas vir hul behoeftes.
Kuier kook en reis is hoog op hul prioriteitslys vertel
Carla. “Ons is sulke groot kuiergeeste dat van ons
vriende na ons verwys as ‘die Italianers’ maar die
kreatiewe energie van Afrika is in ons gene en ons
familie kom altyd eerste.”
Warmte en huislikheid is vir Carla en Braam
ewe belangrik.
“Braam sal nou en dan ’n moderner koers
inslaan maar dis net nie wie ek is nie. En
glo my ek het al alles probeer – van
minimalisme tot ’n houthuis in Kanada!
Gelukkig stem ek en Braam darem altyd
saam oor ons dekor.” >>

“My huis vertel ’n prentjiestorie soos


’n fotoverhaal” vertel Carla van der


Merwe. “Ek het al in my kinderdae


begin huisprentjies bymekaarmaak.”

Free download pdf