Tuis. 08

(Tuis.) #1

WEN!


Montagu Dried Fruit and Nuts is ’n gewilde
keuse as jy op soek is na droëvrugte neute
en saad vir gebruik in resepte vir ’n gesonde
happie of as geskenk. Met amper 150 takke
landwyd en meer as 380 verskillende
produkte om uit te kies is Montagu jou
eenstop-bestemming vir lekkernye direk
van Moeder Natuur.


  • Besoekmdfn.co.zavir jou naaste
    Montagu-winkel en volg ons blog – daar kry
    jy gesondheidswenke en heerlike resepte!


WENBRIEFToe maak hulle so
Suzette Muller van Mosselbaai
skryfIn die Februarie-uitgawe
vanTuishet my seun Alex groot
inspirasie geput uit Andrew en
Victoria Zekveld se sement-
werkblad (Tuis Februarie 2017).
Hy wou dieselfde doen! Alex en sy
broer Stephen het die gietvorms
gemaak en dieselfde dag nog die
sement gegiet deur al die stappe
van diéRegruk-wenners noukeurig
te volg. Die resultaat kan julle op
die foto sien: ’n groot sukses!

6 tuisAugustus 2017


Goeiedag Riana. Jou stories laat altyd my
hart warm klop en ek kon nie die versoeking
weerstaan om te reageer op “Iets wat ek my
eie kan noem” in die April 2017-uitgawe nie.
ŬŝƐ͛ŶŐƌŽŽƚĚŝĞƌĞůŝĞĬĞďďĞƌĞŶǁĂĂƌĚĞĞƌ
hul lojaliteit net so baie soos jy. Dankie en
groete uit die Noord-Kaap.– Anél

Met die groot
droogte hier in
die Kaap het
ek ’n buitestort
geïnstalleer met
’n sinkbad waarin
ek my stortwater
opvang sodat dit
weer in die tuin
gebruik kan word.
Die sinkbad was ’n
AgriMark-kopie –
die personeel daar
sê dis nou gewilder
as ooit by almal
wat wil water bespaar.– Jacobus Oosthuizen

ons lesers sê


Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê Posbus 1802 Kaapstad 8000 of stuur e-pos
na [email protected]. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/
tuistydskrif of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag.

KORTLIKS

Die skrywer van vandees-
maandsewenbriefslaan’n
Montagu-geskenkbewys van R1500 los!

Rakke nes DIY Deon s’n
Chantal Smit van Rustenburg
skryfMy seun is geseënd met baie
boeke maar die plek daarvoor het
begin min raak. Toe beraam ek ’n
plan vir ’n leeshoekie. My man het
boekrakke en toe sommer
DVD-rakke ook uit paletplanke
gemaak; die kussing is ’n dierbare
vriendin se handewerk. Nou kan
Boeta rustig sy boekies lees.

Voor


Ons het onlangs verhuis en ek moes omtrént
weggooi en minder maak – maar raai wat
moes eenvoudig saamkom? My stapel Tuis-
ƚLJĚƐŬƌŝŌĞ͘ŝƚŬŽŶŶŝĞĂŶĚĞƌƐŶŝĞ͕ǁĂŶƚĚŝƐ
hulle wat my laat tuis voel en laat tuiskom
ŶĂĚŝĞƉůĞŬǁĂƚĞŬůŝĞĬĞƚ͕ǁĂĂƌŵLJŚĂƌƚ
altyd bly al verlaat my voete dit. Dankie
Tuis dat jy my nog altyd getrou bygestaan
het om van my huis ’n tuiste te maak sodat
ĚŝĞ͞ŐĞĚŝĞŶƐƟŐĞĞŶŐĞů͟ŵĞƚ͛ŶŐůŝŵůĂŐŬĂŶ
omdraai en sê: “My diens is hier oorbodig”
soos C.J. Langenhoven geskryf het.


  • Anna-Marie de Swardt Franschhoek


Die redakteur behou die reg om briewe te redigeer.

Dink groot! Johann Alberts en Hennie Cronje van Mosselbaai skryf
Ons is seker van die grootste aanhangers van Tuis en sien
maandeliks uit na al die prag-artikels en idees. Ons het so
drie jaar gelede afgetree en ’n verwaarloosde duethuis met
’n onbelemmerde uitsig op die see en die Outeniquaberg
gekoop – ideaal vir walvisse en dolfyne kyk. Die duet het ons
omskep in een massiewe eiendom van omtrent 500 m². Mure
is uitgebreek om ruim dog gesellige leefareas met kwaliteit-
afwerkings te skep waar ons versameling kunswerke vanoor
die wêreld uiteindelik tot hulle reg kan kom.
Ná die huis se gedaante-
wisseling het ons die tuin
getakel. Ons het die strawwe
see-toestande deeglik in ag
geneem met die beplanning
en uitleg en 14 maande
later sowaar die eerste plek
vir groot tuine in ’n plaaslike
tuinkompetisie verower! 
Ons hoop ons foto’s dien as
aansporing vir lesers wat ook
sulke groot projekte wil aanpak.
Free download pdf