Tuis. 08

(Tuis.) #1

In my tuin is ek op my gelukkigste. Ek geniet dit om tyd hier te spandeer


en het heelparty betowerende stil ruimtes geskep. – Peter


Peter se raad



  • As jy in ’n nuwe huis intrek beplan die tuin
    en plant dadelik bome en struike want dit
    neem tyd om te vestig.

  • Plant soveel moontlik waterwys en
    inheemse plante. Dit is hulle wat die minste
    onderhoud verg en boonop in tye van droogte
    oorleef.

  • Ek gebruik geen plaag- of onkruiddoders
    nie. Die onkruid word uitgetrek en die natuur
    neem sy loop om van skadelike insekte
    ontslae te raak.

  • Kweek jou eie plante. Maak steggies en
    verdeel plante om uitgawes te beperk. Die
    meeste van my aalwyne en malvas is van
    steggies gekweek. Ek plant steggies van
    geharde plante direk in die grond; ander druk
    ek in ’n bietjie hormoonpoeier en plant dit
    eers in ’n potjie. Wanneer die plant gevestig
    is word dit in die tuin uitgeplant. Ek kweek
    ook plante van saad en het ’n geelhout- en ’n
    stinkhoutboom so aan die groei gekry.

  • Voed jou grond. Ons grond is baie sanderig
    en die water loop net weg. Om dit te verbeter
    werk ek elke jaar tuisgemaakte kompos in en
    los van die blare wat afval om ’n natuurlike
    deklaag te vorm en die grond te voed. ’n
    Goeie deklaag rondom plante is ’n moet.


[GUNSTELINGPLANT]
Die bloureën (Wisteria sinensis)
is in die lente vol geurige
pers blomme.

92 tuis Augustus 2017


“Die palmboom in die
agtertuin (bo) is so hoog
ek dink dis moontlik so oud
soos die huis” sê Peter.
Hy het baie van die malvas
soos dié een met die mooi
pienk blomme van steggies
gekweek.
Free download pdf